Namibiërs verwerp gedwonge bekering
In verskeie lande, waaronder Namibië, is daar die afgelope naweek bewustheid teen gedwonge bekering geskep.
ont face="Verdana" >
Ronelle Rademeyer - Die menseregtevereniging van slagoffers van gedwonge bekeringsprogramme (HAC) se tak in Namibië het die naweek ’n gedenkdiens gehou om aan die Suid-Koreaanse slagoffer van gedwonge bekering eer te bring en te vra vir die beëindiging van sulke programme.
Ji-in Gu (27) is in Desember 2017 dood nadat haar ouers haar glo aangehou en probeer dwing het om by ’n kerk aan te sluit wat in ooreenstemming was met die Christen-raad van Korea. Sy is volgens inligting deur haar ouers in ’n afgeleë lodge in Hwasun in Suid-Korea aangehou en versmoor.
Die gedenkdiens is Saterdag by die Palm Hotel in Windhoek gehou met die doel om bewustheid te skep en Namibiërs teen menseregtevergrype soos hierdie te waarsku.
Volgens mnr. Jackson Kakororo van die HAC in Namibië is daar soortgelyke programme vir gedwonge bekering in die land.
Dié organisasie het die afgelope naweek ook in verskeie ander lande soortgelyke veldtogte aangebied om mense bewus te maak van menseregteskendings wat voortspruit uit godsdienstige konflikte.
’n Gedenkdiens deur die HAC wat deur nagenoeg 500 mense bygewoon is, het Sondag in die Kompanjiestuin in Kaapstad plaasgevind. Die grootste saamtrek was in Seoel, die Suid-Koreaanse hoofstad, waar meer as 120 000 mense byeen was.
Sedert Gu se dood het die ernstige skending van menseregte en gebrek aan godsdiensvryheid in Suid-Korea wêreldwyd op die voorgrond getree.
Dit het aan die lig gekom pastore van die Christen-raad in dié land gebruik wrede metodes om slagoffers, meestal jong vroue, te indoktrineer.
Volgens Kakororo is daar ook in Namibië mense wat gevaar staan om weens hul geloof vervolg te word.
Hy sê die HAC se oogmerk was om mense van verskillende, gelowe, denominasies en agtergronde in Namibië oor die vergrype van gedwonge bekering in te lig.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie