Namibiu00ebrs stroom na Neckartaldam
Namibiu00ebrs stroom na Neckartaldam

Namibiërs stroom na Neckartaldam

Henriette Lamprecht
Namibiërs stroom tans na die Neckartaldam, met 150 motors wat reeds deur die hekke is wat 14:00 vir die eerste keer in die bestaan van die dam vir die publiek geopen is en weer om 17:30 sluit. Mnr. Japie Mostert, bestuurder by NamWater op Keetmanshoop, het dié foto van die voertuie gestuur wat wag om by die hek ingelaat te word. Volgens Mostert is personeel van NamWater en ook lede van die Namibiese polisie op die toneel om die publiek se veiligheid te verseker. Die publiek word by die veiligheidshekke op die hoofpad tussen Keetmanshoop en Lüderitz deurgelaat.
Volgens NamWater se jongste verslag was die Neckartaldam om 12:00 sowat 87,02% vol en die invloeikoers is tans 728,21 kubieke meter per sekonde.
Die dam se kapasiteit is 784,77 miljoen kubieke meter (Mm3) water. Sy volume tans is 745,77 miljoen kubieke meter water.

Kommentaar

Republikein 2025-12-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer