Namibiërs steun swaar op pensioen
Jo-Maré Duddy - Met 10,2% van alle huishoudings in Namibië wat van staatspensioen as hul vernaamste bron van inkomste afhanklik is, is dit goeie nuus dat vanjaar se verhoogde toelaes terugwerkend uiteindelik aan die einde van Julie uitbetaal word.
Die minister van finansies, Calle Schlettwein, het by navraag gesê die verhoogde pensioen van N$1 200 maandeliks – N$100 meer as verlede jaar – sal aan die einde van vandeesmaand beskikbaar wees. Julie se uitbetaling sal ook die vorige drie maande se verhogings – N$300 in totaal – insluit.
Volgens die Namibië Statistiekagentskap (NSA) se jongste arbeidsmagverslag is staatspensioene die derde belangrikste bron van inkomste vir huishoudings in die land. Vir 52% is salarisse en lone die vernaamste inkomstebron, terwyl 14,5% van bestaansboerdery afhanklik is.
Ohangwena is die streek wat die meeste op staatspensioen steun. Hier is dit die vernaamste inkomste vir 19,4% van huishoudings. Khomas, waar net 1,9% hoofsaaklik daarop staatmaak, is die minste afhanklik van staatspensioene.
Bykans N$2,42 miljard is vanjaar vir pensioene vir bejaardes begroot, amper N$200 miljoen of 7,7% minder as in 2016-'17. Volgende jaar is sowat N$3,013 miljard – 'n styging van meer as 'n halfmiljard Namibiese dollar of bykans 25% - daarvoor opsy gesit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie