Namibiërs steun Knysna-slagoffers
'n Vrag met klere, niebederfbare kos en komberse vertrek môre na Knysna.
Jessica Botes - Namibiërs het op 'n hulpkreet uit Knysna, Suid-Afrika, gereageer met vragte skenkings wat morê na die buurland vertrek.
Dit volg ná die tragedie wat verlede week getref het toe dié tuinroete-dorp Woensdag deur verwoestende wegholbrande verswelg is.
'n Vrou van Swakopmund, me. Annemarie Roets, het vroeg Vrydagoggend 'n boodskap op sosiale media uitgestuur waarin gevra is vir 'n bydrae in die vorm van klere, niebederfbare kos en komberse vir die bykans 10 000 inwoners van
Knysna wat alles in die brande verloor het.
Teen 12:00 Vrydagmiddag was 'n spreekkamer by die Cottage-gesinspraktyk se vloer reeds toegepak met bokse en sakke vol skenkings.
“Ek het net so jammer vir die mense gevoel. Ek het dit self al op 'n plaas beleef. 'n Veldbrand stop vir niks en niemand nie. Dit verwoes alles voor die voet,” het Roets gesê.
Skenkings is ook op ander dorpe, insluitende Walvisbaai, Usakos, Karibib, Okahandja en Windhoek ingesamel. Twee plaaslike radiostasies het Vrydag deurlopend 'n boodskap uitgesaai om mense aan te moedig om skenkings te maak.
Die besturende direkteur van WP Transport, mnr. Markus van der Merwe, het 'n 36-ton vragmotor gratis beskikbaar gestel vir die vervoer van die skenkings van Windhoek na Suid-Afrika. In Touch Cargo sal die vrag ook gratis ontvang en die vervoer van skenkings vanaf die kus tot in Windhoek hanteer.
Volgens Roets sal South Western Express en Coastal Couriers ook skenkings gratis tot in Windhoek vervoer.
“Ackermans op Swakopmund het spesiale afslag aangebied op komberse en klere wat gekoop is as skenkings vir Knysna. Die bestuurder self is van Knysna af en wou graag ook 'n bydrae lewer.
“Ek kan werklik sê ons land se mense het opgestaan en hand uitgesteek vir dié in nood,” het Roets gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie