Namibiërs stem op 27 November

Denver Kisting
Denver Kisting - Namibiërs gaan 27 November vanjaar stembus toe om 'n president en lede van die Nasionale Vergadering (NV) te kies.
Dié aankondiging is vanoggend (Vrydag) deur die die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN) gemaak.
Daar sal na verwagting ook vandag aangekondig word hoe die registrasieproses in die aanloop na die verkiesing sal verloop.
Hier sit mnr. Theo Mujoro, die uitvoerende hoof van dié kommissie, en prof. Peter Katjavivi, die speaker van die NV, voor die begin van die nuuskonferensie in Windhoek.

Kommentaar

Republikein 2025-09-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer