'Namibiërs ken nie eie wette oor verblyfreg'
Des Erasmus
'n Opgeleide vakman wat nou al langer as drie jaar sukkel om werk te kry, het op Swakopmund in die bresse getree vir buitelanders wat met Namibiërs getroud is, maar wat steeds aan vereistes soos werk-, studie- en reispermitte van en na Namibië moet voldoen.
Hy beroep hom op 'n vertolking deur die ombudsman dat sodanige permitte nie nodig is nie.
Die alleenvaarder vir wat hy meen geregtigheid is, is Peter William Schutte, voorheen van Suid-Afrika. Hy sê hy het reeds verskeie werke gekry, om net daarna as gevolg van vereiste verblyf- en ander permitte weggewys te word. Hy het in 2013 na die land gekom waar hy met 'n Namibiese vrou getroud is. Deel van die dokumentasie in 'n lêer wat hy dra, is sertifisering deur die Namibiese polisie dat hy geen kriminele rekord in Namibië of Suid-Afrika het nie.
Daar was ook geen voorbehoude toe 'n sertifikaat vir 'n verkeersregistrasienommer in September 2015 aan hom uitgereik is nie.
Hy sê ander mense wat met Namibiërs getroud is en soos hy sukkel, kan met hom skakel by 081 327 9316.
“Dis tyd dat Namibiërs hul eie wette leer ken,” sê Schutte.
Hy beroep hom op 'n mening gedateer 21 Februarie 2013 deur die kantoor van die ombudsman in Windhoek. Daarvolgens hoef 'n buitelander wat wettig met 'n Namibiër getroud is, nie in besit te wees van enige permit om wettig te werk, studeer, in die land te bly of in en uit die land te reis nie.
Artikel 22(1)c van die Wet op Immigrasiebeheer word deur die ombudsman aangehaal. Daarvolgens sal ingevolge artikel 4 (3) van die Grondwet verblyfreg verkry word deur 'n persoon wat wettig met 'n Namibiër getroud is. Werk- en verblyfpermitte geld nie sodanige mense nie. Hulle hoef nie vir verblyf-, werk- of studiepermitte in Namibië aansoek te doen nie. Sonder aanvullende dokumentasie sal hulle toegelaat word om Namibië binne te kom en hier te bly.
In die saak tussen Clifford Warden en vyf ander teen die hoof- immigrasiebeampte en ander (Saak A288/2010) het die minister van binnelandse sake en immigrasie in 'n beëdigde verklaring standpunt ingeneem. Dit is dat mense wat verblyfreg ingevolge artikel 22(1)(c) van die wet, Wet 7 van 1993, verkry het, nie permanente verblyf-, werk-, studie- en besoekerspermitte in terme van artikel 2(1)(b) nodig het nie. Dit geld ook huweliksmaats of afhanklike kinders van mense met verblyfreg in Namibië.
Twee ander soortgelykte uitsprake in die hooggeregshof word ook aangehaal.
Die riglyn is deur me. Eileen Rakow, direkteur van die kantoor van die ombudsman, onderteken.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie