'Namibiërs is rommelstrooiers'
Die ministerie van die omgewing en toerisme het Woensdag die nasionale soliede afvalbestuur-strategie van stapel gestuur.
Francoise Steynberg - Die ministerie van die omgewing en toerisme is baie bekommerd oor die verhoogde volumes van rommel landswyd met dorpe en landelike gebiede wat die afgelope jare al vuiler word.
“Die onbehoorlike bestuur van ons rommel is 'n risiko vir ons diere, marienelewe, ons landskappe en veral ons mense se gesondheid,” het die minister, mnr. Pohamba Shifeta, Woensdag tydens die amptelike bekendstelling van die nasionale soliede afvalbestuur-strategie in Windhoek gesê.
Die minister meen dit hou ook 'n bedreiging vir die toerismesektor in.
“Die agteruitgang van ons landskappe en stedelike gebiede weens rommelstrooi sal ons beeld as 'n toeristebestemming skaad en toeriste ontmoedig om terug te keer. As ons nie ons strate kan skoonhou nie, sal toeriste wonder oor die gehalte van ons water en die veiligheid van ons kos,” het hy gesê.
Shifeta sê wat die meeste kommer wek, is die houding van burgers ten opsigte van rommel.
“Ons het 'n samelewing geword wat net rommel strooi. Ons sien elke dag hoe rommel uit voertuie of langs die straat gegooi word. Dit dui aan ons is nie trots op ons omgewing nie.”
MAATREëLS
Die ministerie gaan 'n bewusmakingsveldtog van stapel stuur en praktiese maatreëls, soos meer asdromme, sal in werking gestel word. Rommelstrooiers kan volgens die omgewingsbestuurwet ook boetes opgelê word.
“Ons moet verantwoordelike burgers wees en ons houding verander,” het Shifeta gesê.
Die omgewingskommissaris, mnr. Teofilus Nghitila, sê Namibië moet gesien word as 'n omgewingsvolhoubare land wat vry van rommel is.
Shifeta het gesê die konsultasieproses vir die strategie wat verlede jaar plaasgevind het, bevestig die geriewe en praktyke vir afvalbestuur is inderdaad kommerwekkend.
“Die toestand van infrastruktuur by die meerderheid afvalterreine is swak - ondanks hoë tariewe wat burgers en maatskappye vir afvalbestuur betaal. Dit is duidelik dat die plaaslike owerhede nie geld in afvalterreine herbelê om dit op standaard te hou nie.”
Hy meen daar is ook 'n gebrek aan basiese tegnologie om rommel effektief en op 'n omgewingsvriendelike manier te hanteer.
“In baie nedersettings en gebiede buite plaaslike owerhede se jurisdiksie is daar 'n totale afwesigheid van formele afvalgeriewe wat 'n groot risiko vir mens en dier inhou,” het Shifeta gesê.
Die ministerie het beplande maatreëls wat binnekort geïmplementeer gaan word.
“Die ministerie is in die proses om 'n heffing op die gebruik van plastieksakke in te stel om plastiek in ons omgewing te beheer en te verminder. Konsultasies in dié verband vind reeds plaas en ek glo dit sal sterk ondersteun word.”
Shifeta het gesê die strategie is prakties, ambisieus, maar uitvoerbaar met die oorhoofse visie om Namibië teen 2028 die Afrikaleier op die gebied van soliede afvalbestuur te maak.
Die strategie is in November deur die kabinet goedgekeur en is geldig vir vyf jaar waarna dit hersien sal word.
“Ek doen 'n beroep op alle Namibiërs om ambassadeurs vir ordentlike afvalbestuur te wees. Dit begin by die skoonmaak van jou eie huis, jou straat en jou nedersetting of dorp vir 'n skoon Namibië, vry van rommel en besoedeling, waarop ons trots kan wees.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie