Namibiërs druk RSA hardste

Die gasheerspan onder kapteinskap van Ronan Wantenaar bevind hom tweede op die medaljelys.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Van Namibië se voorste swemmers het reeds hul merk gemaak op die medaljelys van die Konfederasie van Afrika-swem (CANA) se Streek 4-kampioenskap wat Saterdag in Windhoek begin het.

Die gasheerland se benadering om ’n redelike groot span (40 swemmers) in te skryf, het sover vrugte afgewerp en ná die eerste twee dae bevind Namibië hom in die tweede posisie op die medaljelys ná Suid-Afrika.

Gister se enigste kompetisiedag in die oopwaterswem, wat by die Oanobdam aangebied is, is deur die jeugdige swemkrag van Suid-Afrika oorheers.

In die uitmergelende hoofitem van vyf kilometer oopwaterswem, wat in vier rondes van 1.25 km beslis is, het die 15-jarige Flippie van der Spuy van Port Elizabeth gedurende die derde ronde weggebreek van die voorste groep wat bykans net uit Suid-Afrikaners en ’n enkele swemmer van die Seychelle bestaan het.

Van der Spuy het uiteindelik ’n gemaklike oorwinning behaal, terwyl die 14-jarige Johannesburgse meisie Leigh McMorran genoeg vir ’n eindpoging oor gehad het en ’n meer reguit lyn geswem het om op sensasionele wyse in die algehele tweede plek klaar te maak.

“Dit was ’n redelike stadige resies en nie maklik nie,” het Van der Spuy agterna gesê. “Ek is gewoond aan soutwater waarop jy makliker kan dryf en vinniger kan swem, asook die lugdruk op seevlak. Die toestande was dus baie anders en meer uitdagend as waaraan ek gewoond is.”

In die algehele 5 km mansresies het Van der Spuy in een uur twee minute 53 sekondes geseëvier voor sy landgenote Zac Ellis en Refiloe Mashao, terwyl McMorran (o.14, 1:04:23) deur die o.16-wenner Stephanie Houtman asook Catherine van Rensburg as die volgende vroue gevolg is.

In die oopwaterswem het ’n paar Namibiërs egter wel medaljes in hul ouderdomsresiese bygevoeg. Joanne Liebenberg het die brons in die vroue-afdeling 16-18 jaar beklink (1:13:20), terwyl Paddy Murphy die klas vir swemmers 19 jaar en ouer in die tweede plek (1:20:26) vir ’n silwer voltooi het.

Die goud en silwer in die 3 km oopwaterswem is opnuut deur Suid-Afrika se ontluikende sterre Van der Spuy (00:40:57) en Ellis (00:41:34), asook Houtman (00:40:40) en Ebrahim (00:44:55) beklink, terwyl die mans se brons aan die Namibiër Matthew Gertze (00:46:07) en die vrouebrons aan Zimbabwe se Gemma Schonken (00:48:26) behoort.

OLYMPIA

In Saterdag se swemitems by die Olympia-swembad het Namibië egter konstant medaljes bygevoeg.

Na afloop van die 50 meter borsslag en 100 rugslag het Quinn Ellis en Ronan Wantenaar elkeen reeds een goue en een silwermedalje by hul versameling gevoeg en José Canjulo twee silwers.

Nog goue medaljes vir die tuisspan het van die veterane Sunel Badenhorst, Jurie Badenhorst, Dentie Louw, Paddy Murphy en Jane Samson gekom.

Ju-Ané Oberholzer (silwer) en Zuné Weber (brons) was ook kort agter Angola se Lia Ana Lima in die 100 rugslag vir meisies 17 en ouer.

Die 12-jarige Danielle Mostert het ’n silwer in haar 50 borsslag verower, terwyl René Viljoen sy brons agter Wantenaar se sege in die 100 rugslag vir seuns 17 en ouer behaal het.

• Die Namibiese span vir die kampioenskap (ouderdomme tussen hakies):

MANS: Jurie Badenhorst (41), Maximilian Betts (15), Mikah Burger (14), José Canjulo (13), Jodave Cioccolanti (17), Christopher de Jager (14), Oliver Durand (11), Quinn Ellis (12), Matthew Gertze (16), Marco Henning (16), Jureck Johannesson (18), Corné le Roux (16), Dentie Louw (35), Paddy Murphy (57), Martin Oosthuizen (16), Gabor Salamon (62), Robert Thompson (60), René Viljoen (17), Ronan Wantenaar (18).

VROUE: Sunel Badenhorst (36), Vicky Botha (17), Kerryn Busch (11), Tiana Esslinger (15), Kyle Herbst (14), Brynne Kinnaird (12), Danielle Mostert (12), Hannah Murphy (15), Trisha Mutumbulua (14), Ester Nakaleke (14), Ariana Naukosho (11), Ju-Ané Oberholzer (17), Michaela Ohm (11), Nicole Redecker (15), Jane Samson (52), Heleni Stergiadis (16), Anel van der Vyver (27), Corley Viljoen (13), Shanay Viljoen (13), Zuné Weber (17).

Die Namibiese uitnodigingspan:

MANS: Nico Esslinger (13), Henry Grant (11), Kgosana Hekandjo (11), Damian Mostert (14), Hendrik Oosthuizen (15), Keanet-Peter Ratheman (14), Friedrich Setzkorn (15), Fourie Steyn (11), Arkell Wellmann (16).

VROUE: Jessica Humphrey (10), Mackenzie Späth (13), Maya Stange (13), Reza Westerduin (11).

• Vandag, môre en Woensdag kan opwindende kompetisie steeds voor in die swemitems in Olympia (oggendsessies 09:00 en middagsessies 15:00), asook by die waterpolo by die Western Suburbs swembad in Katutura (10:00).

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%