Namibiërs dans 29 goue medaljes los
Tanja Bause
'n Plaaslike span van 10 dansers en drie dansinstrukteurs het onlangs skoonskip by die Internasionale Dansfees in Suid-Afrika gemaak.
Nadine Burch (11) het vyf goue medaljes, drie silwer- en een bronsmedalje by dié kompetisie gewen, wat as die Olimpiese Spele van dans beskou word.
In totaal het die Namibiese span 29 goue, 23 silwer- en agt bronsmedaljes gewen.
Hulle het teen dansers van 35 ander lande deelgeneem.
Nadine het in die kategorie vir lyndans, Latyns Amerikaanse danse en balsaaldanse deelgeneem.
“Nadine het vir die eerste keer in die lyndanskategorie deelgeneem. Dit is die eerste keer dat dié dans aangebied is. Ek het kolwyntjies gebak en verkoop om deelname vir haar moontlik te maak en wil graag almal bedank wat ons ondersteun het, asook Aqualand en Wendy's Creations,” het haar ma, Juanita, gesê.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie