Namibiër vlieg agter rooikuifloerie aan

’n Windhoekse voëlkyker se passie vir fotografie en voëls het haar op ’n vliegtuig laat klim om ’n skaars voëlspesie langs die Kavangorivier af te neem.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Ná die skaars rooikuifloerie (Musuphaga rossae) onlangs vir die eerste keer langs die Kavangorivier ontdek is, het ’n kranige Namibiese vryskutfotograaf en voëlkyker besluit om dit met haar eie oë te sien.

Me. Sibylle Hähner, ’n Windhoekse radiografis, het besluit om op ’n vliegtuig te klim en die voël te gaan kiek wat onlangs by Taranga Safari Lodge, sowat 35 km wes van Rundu, op die oewer van die Kavangorivier gesien is.

“Ek sou nie sommer agter enige voël aanvlieg in die hoop dat dit steeds daar is nie, maar hierdie een was anders,” het Hähner gesê.

“Dit het gelyk of die rooikuifloerie daar is om te bly. Omdat dit so ’n skaars voël is, het ek besef ek moet gou speel. Dis nou of nooit.

“Soms moet mens net iets stapelgek doen. Ek het die besluit gemaak: Ek moet Rundu toe vlieg!”

Me. Iris Piehl van Expert Travel het Hähner se vlug met Air Namibia vir Vrydag van Windhoek na Rundu gereël, en Sondag terug.

“Ek het tussen Saterdag en Sondag die rooikuifloerie vier keer gesien. Daar waar ek opgedaag het, het die voël opgedaag. Dit het gevoel of die pragvoël spesiaal vir my geposeer het. Ek was baie gelukkig en dit was vir my baie spesiaal,” het Hähner gesê.

Sy het haar dank teenoor die eienaar van die lodge, mnr. Cobus Bruwer, en bestuurder, mnr. Stephan Steyn, vir haar aangename verblyf daar uitgespreek.

Dit was ook ’n groot voorreg vir Hähner om een van Suid-Afrika se topvoëlkenners, mnr. Michael Mason, te ontmoet.

“Ons was lank Facebook-vriende, maar dit was wonderlik om hom in lewende lywe te ontmoet. Die naweek was uiters lonend en die geld wat ek aan die reis bestee het, was elke sent werd.”

Fotografie en voëlkyk is Hähner se passies.

“Vyf jaar gelede het ek niks van voëls af geweet nie en my broer Wilfried het vir my ’n voëlgids gekoop. Toe het die voëlkykgogga my behoorlik gebyt.”

Gewoonlik reis Hähner en Wilfried, die bekende omroeper van die Duitse radiostasie HitRadio Namibia saam, maar hy was nie dié keer saam op haar ontdekkingstog nie, want hy het buitelandse toeriste op ’n toer deur die land geneem.

“Wilfried het my alles oor voëls geleer en ek het presies geweet waarvoor om te kyk om mooi foto’s van die rooikuifloerie te neem.”

Dié kleurvolle voël is wel voorheen in die Okavangodelta in Botswana, asook op die grens van Zimbabwe en Zambië gesien, maar rooikuifloeries broei nie in Suider-Afrika nie.

Die voël kom in geïsoleerde bevolkings in Gaboen, Kameroen, Soedan en Uganda voor en sy habitat is immergroen woude en riviere.

Mnr. David Hoddinott, van Suid-Afrika, het die besigtiging van die rooikuifloerie by Taranga Safari Lodge amptelik geregistreer.

Sodra voëlwebtuistes sulke ontdekkings plaas, veroorsaak dit geweldige belangstelling van voëlkykers oraloor Suider-Afrika.

Hulle het op kort kennisgewing van Kaapstad en Johannesburg gevlieg om, soos Hähner, die rooikuifloerie met hul eie oë te sien.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 378.86/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.20% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.11/BBP DOWN -0.0069 | Platinum US$ 937.08/OZ DOWN -0.0031 Sport results: Premier League: Chelsea 6 vs 0 Everton LaLiga: Osasuna 0 vs 1 Valencia SerieA: Atalanta 2 vs 2 Hellas Verona | Fiorentina 1 vs 1 Genoa European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 0 Preston North End English Championship: Southampton 3 vs 0 Preston North End Weather: Katima Mulilo: 18° | 34° Rundu: 18° | 33° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 18° | 32° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 18° | 31° Henties Bay: 16° | 24° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:51, High tide: 13:03, Low Tide: 18:49, High tide: 01:16 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:01, Low Tide: 18:47, High tide: 01:14 Walvis Bay: 17° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 06:49, High tide: 13:00, Low Tide: 18:47, High tide: 01:13 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 21° | 35° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 21° | 35° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 25° Mbabane: 15° | 26° Maseru: 11° | 24° Antananarivo: 10° | 24° Lilongwe: 17° | 24° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 16° | 24° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 18° | 28° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.76 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.64 | USD to NAD 19.14 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.02 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.2 | USD to AOA 832.83 | USD to BWP 13.77 | USD to EGP 48.28 | USD to KES 132.73 | USD to NGN 1147.53 | USD to ZAR 19.14 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73271.44 Up +0.38% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1531.99 Up +0.70% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13455.65 Up +0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28332.65 Down -4.5% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 378.86/OZ UP +0.46% | Copper US$ 4.41/lb UP +2.20% | Zinc US$ 2 831.90/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.11/BBP DOWN -0.0069 | Platinum US$ 937.08/OZ DOWN -0.0031