Namibiër ’n top-uitvinder
Henriette Lamprecht – ‘n Namibiër is een van 30 finaliste uit 2 400 inskrywings in die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se eerste uitdaging vir vernuwing op die gebied van gesondheid.
Mnr. Immanuel Hango (34) se uitvindsel behels die produksie van chloor deur die gebruik van sonkrag in veral landelike gebiede.
Hango is ‘n siviele ingenieur met ‘n MBA-graad in entrepreneurskap van die Steinbeis-universiteit in Berlyn, Duitsland.
Volgens ‘n verklaring wat deur die WHO uitgereik is, is daar ‘n oplewing van cholera en hepatitis E in Namibië en Afrika met baie sterftes wat reeds aangeteken is as gevolg hiervan.
Cholera word deur die vibrio cholera-bakterie oorgedra, wat in vuil of rioolwater gevind word.
Volgens die WHO kan die siekte maklik voorkom word deur water met verdunde chloor te suiwer, wat nie vrylik aan inwoners van landelike gebiede beskikbaar is nie.
‘n Lepel chloor kan tot 20 l vuil water suiwer, maar tans word alle chloorprodukte na Namibië ingevoer, wat dit vir gewone mense onbekostigbaar maak.
Hango se Namibia Chemicals het ‘n oplossing ontwikkel wat behels dat sout deur middel van elektrolise in chloor omskep word deur sonkrag te gebruik.
Die WHO se vernuwingsuitdaging het binne vier weke ‘n totaal van 2 471 voorleggings uit 77 lande (waarvan 44 uit Afrika) ontvang.
Meer as ’n derde hiervan was van vroue afkomstig.
‘n Paneel onafhanklike ontleders het die uitvindsels in terme van volhoubaarheid geëvalueer.
“Die reaksie op die uitdaging bevestig die entoesiasme, veral onder jongmense, om ‘n verskil te maak en ook ‘n bydrae tot die vasteland se gesondheidstelsel te lewer. Innoveerders het ‘n nuwe tuiste by die WHO gevind waar hul innoverende idees in vennootskap met ons netwerk belanghebbendes ondersteun word,” het dr. Matshidiso Moeti, die WHO se streeksdirekteur vir Afrika, gesê.
Die 30 beste uitvindings gaan tydens die driedaagse WHO-gesondheidsforum in Cabo Verde uitgestal word en ander voorleggings sal op die WHO se virtuele mark-platform vertoon word, wat tans ontwikkel word.
Dié platform sal verskeie rolspelers met mekaar verbind om die idees verder te ontwikkel.
Uit al die aansoeke wat ontvang is, is 639 in die evalueringsfase goedgekeur.
Volgens die WHO is dit ’n aanduiding van die uitdagings wat uitvinders ervaar te vorder van idees tot die ontwikkeling en later die toepassing daarvan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie