Namibiër in Kanada help plaaslike kinders
Tanja Bause - ’n Namibiese vrou wat die afgelope nege jaar in Kanada woon, het haar geboorteland onlangs besoek en die Lady Skelly Children’s Foundation gestig om skoolkinders in Otjinene te help.
Me. Skelly Muuondjo-Fraser is in Windhoek gebore en het haar skoolloopbaan in Ozonduno in die Otjinene-distrik voltooi.
“Nege jaar gelede toe ek 21 geword het, het ek Kanada toe geëmigreer vir die kans op ’n beter lewe. Ek is getroud en het twee kinders en ’n stiefdogter en ek bestuur ons boumaatskappy terwyl ek ’n graad in strafreg doen,” sê sy.
Twee jaar gelede het Muuondjo-Fraser en haar familie Namibië besoek.
“Ek het besluit om my man my ou skool in Otjinene te wys. Die juffrou het ons in die klaskamers toegelaat en ek was geskok oor hoeveel kinders nie skoolskoene gehad het nie. Ons het vier pare skoene gekoop en vir die kinders gegee.”
Maar die familie het besef die nood is baie groter as net vier pare skoene en het toe nog 40 pare gekoop.
Hulle het ook 30 rugsakke en ander skoolbenodigdhede van Kanada af gebring en alles aan die Laerskool Usiel Ndjavera in Otjinene geskenk.
“Ons het ook 3 500 bakstene aan die skool vir hul bouprojek geskenk. Met ons terugkeer na Kanada het ek die Lady Skelly Children Foundation gestig om meer kinders te kan help.”
Aan die begin van die jaar het Muuondjo-Fraser weer teruggekeer en hoofsaaklik skryfbehoeftes en skoolbenodighede aan die Laerskool C. Ngatjizeko geskenk.
“Dit voel so goed om ’n kind se gelukkige gesig te sien as hulle net een potlood ontvang,” het sy gesê.
In November sal die familie Namibië weer eens besoek en dié keer het Muuondjo-Fraser ’n beroep op sosiale media vir skenkings gedoen.
“Ek vra almal wat enigiets het van kryt, tweedehandse klere en skoene of enigiets wat jy dink ’n kind in Namibië kan gebruik, om dit aan my organisasie te skenk en ek sal dit aflewer. Ek sal self tot by jou huis ry en die items kom oplaai.”
Sy vra ook vir speelgoed sodat die kinders Kersgeskenke kan kry.
“Toe ek grootgeword het, het ons nie speelgoed vir Kersfees gekry nie. Ons het mooi aan getrek en lekker kos geëet op Kersfees en dit was ons Kersfees, maar die wêreld het baie verander en ’n klein speelding kan ’n kind se lewe ophelder.”
Sy het bygevoeg daar woon tans baie Namibiërs in Kanada, maar dit lyk of hulle gee nie baie vir die kinders en mense omgee wat hulle in Namibië agtergelaat het nie.
“Hulle ondersteun nie my stigting nie en om eerlik te wees, pla dit my nie regtig nie. Tot dusver het alles nog uit my en my familie se eie sak gekom en dié jaar sal ons Kersfees groter en beter vir die kinders maak,” sê sy.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie