Namibiër deur koningin geëer

Tanja Bause
Tanja Bause



Me. Mavis Elias (25) was onlangs in Buckinghampaleis in Londen om 'n toekenning van koningin Elizabeth II in ontvangs te neem.

Die geleentheid is ook deur die hertog en hertogin van Sussex, prins Harry en sy vrou, Meghan, bygewoon.

Elias is deel van die Queen's Young Leaders-program wat jong mense uit 38 Statebondlande vir werk in hul gemeenskappe eer.

Die gesogte program is nou in sy vierde en finale jaar. Mense van 18 tot 29 jaar vanuit die Statebond kry erkenning vir die werk wat hulle doen om lewens te verbeter, soos onder meer mense met geestesgesondheidprobleme te ondersteun, kinders te help om 'n goeie opvoeding te kry en geslagsgelykheid te bevorder.

“Ek het nooit in my wildste drome gedink dat ek eendag die geleentheid sal kry om die ­koningin van Engeland te ontmoet en haar hand te skud nie. Die Queen's Young Leaders-program het my die geleentheid gebied en soveel meer,” het Elias gesê.

“Die program het my die geleentheid­ gegee om met leiers van oral in die wêreld te kommunikeer, sienings te deel en perspektiewe oor globale kwessies te bespreek. Die reis het my lewe verander en ek sal altyd dankbaar wees.

“Dit is my hoop dat hierdie reis sal bydra tot die werk wat ek doen, en 'n dinamiese verskuiwing in my bydrae tot my land, Namibië, sal hê,” het Elias gesê.

Elias het nou toegang tot mentor­skap en opleiding by die Universiteit van Cambridge se Instituut vir Voortgesette Onderwys, wat ontwerp is om wenners van die toekennings se leierskapsvaardighede verder te ontwikkel en te verseker dat hulle in die toekoms sommige van die wêreld se mees dringende kwessies kan takel.

Met die wenners van die afgelope drie jaar is daar tans 240 jong leiers van die Statebondlande. Die Queen Elizabeth Diamond Jubilee-trust het 'n nalatenskapfonds met ongeveer N$3,6 miljoen gestig om die jong leiers te ondersteun wanneer die program tot 'n einde kom. Die 240 jong leiers en 282 naaswenners kan by die trust aansoek doen om finansiering wat hulle werk ondersteun.

“In hierdie vinnig veranderende wêreld is dit bemoedigend om soveel inspirerende jongmense te ontmoet wat vandag hier bymekaargekom het, en wat reeds as leiers opgetree en die lewe van so baie mense in die Statebond verbeter het. U is die hoop en optimisme wat die wêreld nodig het, en ons sal alles doen wat ons kan om u daarin te ondersteun,” het prins Harry gesê.

Volgens Elias wou sy toe sy 20 jaar oud geword het 'n weeshuis open. “Ek het baie idees gehad, maar geen implementering nie. Ek het besluit om klein te begin om my droom te kan verwesenlik. Ek het die EM Love Foundation gestig om armoede in Namibië te beveg,” het sy gesê.

Volgens haar is die aktiwiteite wat sy doen daarop gemik om lewens op 'n radikale manier aan te raak en terug te gee op enige moontlike manier.

“Ons neem klein inisiatiewe en verander dit in lewensvatbare oomblikke. Ek doen dit met 'n wonderlike span mense van 7 direkteure en 50 vrywilligers,” het sy gesê.

Met die werk wat sy deur EM Love Foundation doen, het sy die geleënt­heid gekry om op die raad van die One Economy Foundation van die presidentsvrou, me. Monica Geingos, te dien.

Elias werk as 'n siviele ingenieur vir MPP Civils Namibia.

“Dit is 'n beroep wat by my liefde vir mense pas, aangesien dit my die geleentheid gee om maniere te vind vir lae-inkomstebehuising.”

Me. Tanyaradzwa Daringo asook mee. Nyeuvo Amukushu en Hilda Liswani het onderskeidelik in 2015 en 2017 die toekenning van die koningin ontvang.

Ondertussen berig Netwerk24 prins Harry ontken hy en sy vrou het hul wittebrood in Namibië deurgebring.

Dit was juis terwyl prins Harry die wenner van Namibië ontmoet het dat hy ten aanhore van die glanstydskrif Hello! se koninklike korrespondent, me. Emily Nash, gesê het hulle was nie in Namibië vir hul wittebrood nie.

Ook dat hy niks verder gaan verklap nie omdat Nash besig was om aantekeninge te maak.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%