Namibiese vermenging laat wêreld dans

21 July 2021 | Kuns en vermaak
Tanja Bause – ’n Herskepping van Selena Gomez se liedjie ‘It Ain’t Me’ deur drie jong Namibiese mans het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei.

Agter die nuwe weergawe van ‘It Ain’t Me’ (Amapiano Remix) sit Sebastiano !Gobs (17), ook bekend as DJ Abux! van Khorixas, Tuahangana Hangula (21) oftewel Soulking en Innocent Kalola (20) bekend as Innocent Boetie, beide van Oshakati.

“Kan jy glo dat ons drie mekaar nog nooit ontmoet het nie? Ons het die vermenging (remix) met talle WhatsApps en e-posse gedoen,” het DJ Abux! in ’n onderhoud gesê.

Soulking het met die idee van die vermenging vorendag gekom en vir sy goeie vriend Innocent Boetie vir hulp genader. Boetie het die “log drum” vir die liedjie gemaak en Soulking het die dromme en akkoorde bygevoeg en vir hom teruggestuur. Boetie was op daardie tydstip nie beskikbaar nie en Soulking het die vermenging as ’n status op WhatsApp geplaas.

“Ek het dit geluister en onmiddellik vir hom ’n stemgreep gestuur en vir hom gevra om dit vir my te stuur. Ek het my eie ‘touch’ bygesit. Ek het onder meer nog akkoorde en my ‘Hey!’ klank bygevoeg.”

Hulle het dié projekkie bloot vir die pret gedoen en nooit verwag dit sou so ontplof nie.

“Ons was skepties om die vermenging op YouTube te laai wees kopieregte. ’n Lukrake TikToker, Bokang Titi, het ons vermenging op sy TikTok-bladsy geplaas terwyl hy ’n videospeletjie gespeel het.”

Thato Immaculate van Suid-Afrika het ook die weergawe gehoor en sy en haar suster het ’n video gemaak van hulle twee wat op maat van die liedjie dans en dit op haar TikTok geplaas. Dit was op 21 April 2021. Op 27 Mei het sy ’n boodskap gekry wat gevra het dat sy die video asseblief weer moet oplaai wat sy ook gedoen het en teen die volgende dag was die video reeds meer as ’n halfmiljoen keer gekyk en die vermenging het gewild geword.

“Die Ndlovu Youth Choir van Suid-Afrika het ’n paar aanpassings op Thato se dansroetine op die lied gemaak en die res is geskiedenis.”

Intussen het die vermenging en die gepaardgaande dans ook op Instagram en Twitter versprei. Vandeesmaand het het die hutsmerk #ItAin’tMeChallenge die merk van 17.5 miljoen kyke verbygesteek.

“Ek is nie gelap met die aandag nie, ek wil plat op die aarde en nederig bly. Ek sal nie dat die sogenoemde roem na my kop toe gaan nie. Ek hoop dat dit ook nie ons drie sal skei nie en dat ons in die toekoms nog op ander vermengings kan saamwerk,” sê DJ Abux!.

[email protected]

Soortgelyk

 

Pfizer vandag in Namibië verwag

22 ure gelede | Gesondheid

Die Covid-entstof Pfizer word vandag in Namibië verwag. Volgens die hoof van die Namibiese taakspan vir die land se immuniseringsveldtog, me. Petronella Masabane, kom 100...

Forklifting failure

1 dag gelede |

Natasja ByleveldAre you OK thinking about unconventional ideas that could uplift society and norms to a higher standard? Do you like a challenge, or do...

Big thinker who is not afraid of taking risks

1 dag gelede | Mense

Contrasting with his considered, analytical, and steady approach to life, Rolf Mendelsohn is an undisputed adventurer. Together with the other founders of Paratus, Rolf...

'Polisiebeampte' pers dokter glo af

1 dag gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ’n Windhoekse dokter is glo afgedreig totdat hy N$30 000 opgedok het nadat hy na bewering deur ’n klaarblyklike polisiebeampte van die...

Miss Aston dra die kroon

1 dag gelede | In beeld

Cobus van der Merwe van St. Blaize Brahman & Sussex Studs gister by die Gobabis Skou saam met sy “Kampioen van kampioene”, Miss Aston 134-12....

Plaaslike skatte nou aanlyn ­beskikbaar

1 dag gelede | Kuns en vermaak

Kuns- en kunsvlytliefhebbers kan nou handgemaakte Namibiese produkte aanlyn via die nuwe Namibia Craft Shop-webwerf aanskaf. Dié platform sal as die aanlyn katalogus van die...

An easy ride-hailing platform

1 dag gelede |

Wetumwene Shikage The everyday experience for many Namibians of getting a taxi to from different locations has been made more convenient. TaxiConnect provides an easy...

A knack for things that are pleasing to the...

1 dag gelede | Mense

Wetumwene Shikage Madeline Heyman, who trained as a fashion designer, has turned her many years of experience to interior design. She says...

Sacrifices worth making

1 dag gelede | Mense

Tunohole MungobaBorn in Windhoek, Leokadia Jacob is a finance administrative officer of Dolomite Camp, which is part of Namibia Wildlife Resorts (NWR).After completing her studies...