Namibiese Scouts op wêreldverhoog
Verteenwoordigers van die Scouts van Namibië (SoN) was deel van die 1 500 afgevaardigdes uit 157 lande wat onlangs die 41ste Wêreldkonferensie en 13de Wêreldjeugforum vir Scouts bygewoon het. Die geleenthede het in Augustus in Bakoe, Azerbaidjan, plaasgevind. Dit vind elke drie jaar onder die vaandel van die Wêreldorganisasie van die Scout-beweging plaas. Die doel is onder meer om lede op hoogte te bring van ontwikkelings, planne en uitbreidings. Vanjaar is erkenning aan die SoN gegee vir die eeu wat dit reeds in Namibië werksaam is (1917-2017).
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie