Namibiese oesters van die beste
Yochanaan Coetzee – In van die wêreld se beste restaurante, waar kliënte woordeboeke benodig om die spyskaart te verstaan, verskyn Namibië se naam dikwels ook en spog met woorde soos “finest” daarmee saam.
Namibiese vleis, weet ons, het geen kompetisie op aarde nie – net soos baie van ons seekos. Maar min ander pêrels laat blink ’n fynproewer se oë soos ’n paar vars Weskus-oesters uit Namibië se Atlantiese Oseaan.
Hoewel oesters nie natuurlik in Namibiese waters voorkom nie, maak die lug en voedingsryke Benguelastroom ons kus die prefekte omgewing om daarmee te boer. Dit, asook die skoon water van ons kus, bring nie net mee dat ons oesters meer as drie keer vinniger as in Europa groei nie, maar ook dat dit van ’n gehalte is wat wêreldwyd in aanvraag is.
Oesters word by die reusagtige Aquapark buite Walvisbaai en op ’n kleiner skaal by Lüderitz gekweek.
Suiderland het onlangs by Lüderitz Mariculture gaan kuier om meer oor dié fynproewerskos uit te vind.
Mnr. Waylon Fortuin, ’n werknemer by die maatskappy, borrel van entoesiasme wanneer hy ons van die bedryf vertel.
“Die terugvoering wat ons oor ons oesters kry, maak dit baie lekker om te weet ons lewer ’n bydrae tot die ekonomie terwyl ons gelyktydig Namibië se naam hoog hou,” sê hy.
Die kweekproses begin met die inplanting van saad (genoem “spats”) in onderwatersakke wat aan vlotte hang. Daarna rus dit vir vier maande voordat dit uitgehaal en gemeet word, waarna dit weer in skoon netsakke geplaas word vir herplanting.
Ná nog vier maande word dit uitgehaal, gesorteer en na plaaslike en internasionale marke gestuur.
Oom Ephraim Fredericks, wat volgens kollegas "vol vreugde werk en die werkatmosfeer lig en jolig hou", sê seekos en veral oesters is die sleutel tot ’n gesonde en gelukkige lewe. “As ek so een of tweetjies eet, dan is ek net vol ‘smiles’ en liefde as ek by die huis kom,” sê hy met ’n vonkel in sy oë.
Met die Suid-Afrikaanse en Asiatiese marke wat smag na hierdie waterwonders, is dit geensins verrassend dat dié markte meer as 70% van ons oesteruitvoere koop nie.
Die res geniet ons Namibiërs met graagte op eie bodem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie