Namibiese maatskappy betrokke by gesteelde bankkaarte
Namibiese maatskappy betrokke by gesteelde bankkaarte

Namibiese maatskappy betrokke by gesteelde bankkaarte

Grootskaalse bedrog teen kaarthouers
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Die aanklaer-generaal­ het verlede week ’n eiendomsbewaringsbevel verkry weens vermeende bedrieglike transaksies teen ’n beslote korporasie wat voerytuigbykomstighede verkoop.
Volgens ’n eedverklaring van aanklaer-generaal Martha Imalwa het geld wat gesteel is van verskeie persone wie se bankkaarte gesteel of vermoedelik gekloon is, in die bankrekening van T&H Trading BK (T&H) beland. Regter Collins Parker het verlede week ’n bewaringsbevel teen dié maatskappy se bankrekening kragtens die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad in die hoërhof toegestaan.
Imalwa het in haar aansoek aangevoer dat redelike gronde bestaan om te aanvaar dat die maatskappy se winste deur middel van onwettige bedrywighede, naamlik diefstal, bedrog en geldwassery, verkry is.
Die bewaringsbevel verbied enige transaksies met die geld in T&H se sakerekening.
In haar verklaring sê Imalwa dat die Finansiële Intelligensiesentrum (FIC) die Standard Bankrekening van T&H op 21 Julie bevries het. Die saak is toe aan adjudant-offisier Johan Green van die Namibiese polisie oorhandig wat ’n forensiese ondersoeker van Standard Bank geraadpleeg het.
Volgens die forensiese ondersoeker se verslag het Rest of Africa Card Acquiring Fraud Detections ’n versoek vir die terugbetaling van N$69 587.10 ontvang met betrekking tot ’n kaarttransaksie wat op 23 April by T&H Trading gemaak is met ’n kaart wat deur ’n oorsese bank uitgereik is. Die rede vir die terugbetalingseis was bedrog. Van Nampol is verneem dat die bedrog deur ’n Chinese burger aangemeld is.
Imalwa het verder gesê dat ’n totaal van 97 kaarttransaksies met ’n totaal van N$3 372 142.67 tussen 6 April 2016 tot 30 Junie op T&H se Standard Bankrekening voorkom waarvan 16 suksesvol was. Die waarde van die suksesvolle tran­saksies was N$492 340.32 en die waarde van onsuksesvolle transaksies N$2 879 802.35. Hierdie transaksies is uit ver­skeie plaaslike en oorsese bankrekenings gemaak.
Sy het bygevoeg dat die eienaar van T&H, mnr. Herman Thlahelile, die kredietbedrae in kontant onttrek het kort na ontvangs van die kaartbetalings. Sy sê dat Thlahelile deur die forensiese ondersoekspan genader is om die kaarttransaksies te verduidelik. Hy was nie in staat om ’n bevredigende antwoord te verskaf nie, behalwe om te sê dat die kaarthouers Angolese was.
Imalwa het die hof verder ingelig dat ondersoeke aan die lig gebring het dat tran­saksies van kredietkaarte so ver as die Verenigde State, Brittanje, Duitsland en Nederland nagespeur is. Daar was ook probeer om tran­saksies aan te gaan met ’n kaart wat in Windhoek by ’n outomatiese teller­masjien gesteel is, maar die kliënt het die kaart betyds gekanselleer. In ’n ander geval het ’n kaarthouer van Swakopmund tran­saksies ge­rapporteer wat nie deur hom gemaak is nie terwyl hy in besit van sy kaart was.

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.92 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.48 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 291.14/OZ DOWN -0.014 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0026 | Zinc US$ 2 932.60/T UP 0.72% | Brent Crude Oil US$ 84.15/BBP DOWN -0.0016 | Platinum US$ 957.47/OZ UP +0.21% Sport results: Premier League: Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Weather: Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.2 | EUR to NAD 19.92 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.48 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.62 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.87 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.49 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76046.88 Down -0.04% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1692.54 Up +0.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13322.85 Up +0.03% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 291.14/OZ DOWN -0.014 | Copper US$ 4.52/lb DOWN -0.0026 | Zinc US$ 2 932.60/T UP 0.72% | Brent Crude Oil US$ 84.15/BBP DOWN -0.0016 | Platinum US$ 957.47/OZ UP +0.21%