Namibiese krieket pak die Drake
DIE MTC Namibiese krieketspan begin volgende week sy deelname aan die 2007/2008 SAL provinsiale driedagkompetisie met 'n wedstryd teen die Noordwes Drake.
Die driedagwedstryd begin Donderdag op die Wanderers-veld en sal tot Saterdag duur. Sondag sal die twee spanne sake uitspook in 'n eendagwedstryd. Namibie het verlede jaar vir die eerste keer aan die Suid-Afrikanse kompetisie deelgeneem en uitstekend gevaar in die eendag- en driedagkompetisies.
Die legendariese bouler van SuidAfrika, Eric Simons, het verlede week kom help met die voorbereiding van die span. Simons was ook vroeer vanjaar betrokke by die afrigting van die onder 19-span wat gekwalifiseer het vir volgende jaar se wereldbeker in Maleisie deur die Afrika-kwalifiseringstoernooi in Benoni te wen.
Een van Namibie se top-krieketspelers, Gerrie Snyman, het tydens een van die oefensessies aan RepubUkein gese dat hy gereed is vir die kompetisie en dat hy daarna uitsien om lopies op die telbord te kry.
Hy het genoem dat hy in een van die klubwedstryde 'n reuse 161 lopies gemoker het en dat dit vir hom 'n goeie teken is dat hy gereed is vir enige boulaanslag wat op hom wag hierdie seisoen. Die Namibiese afrigter, Deon Kotze, wat verlede jaar aangestel is nadat die Namibiese Krieketraad meer as dertig aansoeke ontvang het, het bedank as afrigter weens besigheidsverpligtinge. Hy sal steeds help met die afrigting todat die Namibiese Krieketraad 'n afrigter aangestel het.
Die NKR het verskeie advertensies vir die pos geplaas en dit word verwag dat daar binnekort 'n nuwe afrigter aangestel sal word. Die Namibiers het verlede jaar blink vertonings teen die sterk Suid-Afrlkaanse spanne gelewer en hierdie jaar kan dit selfs nog beter gaan.
Indien van die onder 19-spelers ingesluit word in vanjaar se senior spanne sal dit ook uitstekende wedstrydoefening vir hulle wees voor volgende jaar se deelname aan die wereldbeker in Maleisie, Daar word ook heelwat internasionale wedstryde tot en met volgende jaar April in Windhoek gespeel wat opwindende krieket aan plaaslike ondersteuners gaan oplewer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie