'Namibiese' grys walvis swem halfpad om aarde

Nuwe afstandsrekord vir migrasie opgestel

12 June 2021 | Omgewing
In Mei 2013 het mariene bioloë verstom gestaan oor die nuus dat 'n grys walvis vir die eerste keer ooit suid van die ewenaar naby die kus van Walvisbaai in Namibië waargeneem is.

Was hierdie walvis moontlik 'n oorblyfsel van 'n Atlantiese bevolking wat volgens vermoede al lankal tot uitwissing gejag is? Die laaste waarneming van 'n grys walvis was klaarblyklik in die 1740's.

Of was dit 'n aanduiding van die begin van 'n nuwe bevolking in dié area? Só is destyds oor hierdie waarneming gespekuleer.

Nou het navorsers verbonde aan die Durham Universiteit in die Verenigde Koninkryk en die Universiteit Stellenbosch (US) dié alleenlopende grys walvis se geboorteplek as die Noordelike Stille Oseaan geïdentifiseer.

Hul bevindings is Woensdag in die vaktydskrif Biology Letters ­gepubliseer.

Terwyl grys walvisse daarvoor bekend is dat hulle van die wêreld se langste migrasies onderneem, het hierdie Namibiese grys walvis (so gedoop deur wetenskaplikes, op grond van die hoogs ongewone waarneming in 2013) elke rekord in die boek oortref deur 'n beraamde 27 000 km vanaf sy geboorteplek te reis – bykans halfpad rondom die wêreld, sê die US in 'n verklaring.

Prof. Rus Hoelzel, 'n evolusionêre bioloog van die Durham Universiteit en hoofouteur van die artikel, het die volgordebepaling van die hele genoom van die walvis gedoen ten einde die uitdaging van sy herkomsbepaling te kon oorkom.

“Dit identifiseer sy geboorteplek onomwonde as die Noordelike Stille Oseaan. Wat ons egter nié weet nie, is of hierdie merkwaardige lang migrasie slegs 'n toevallige rondlopery is, en of sy voorkoms in die Atlantiese Oseaan 'n voedingsuitstappie verteenwoordig, wat moontlik gemaak is deur 'n deurgang deur Arktiese pakys.”

Vroeg in die negentiende eeu is grys walvisse rondom Korea en Japan bykans tot uitwissing gejag, maar die bevolking in die oostelike deel van die Noordelike Stille Oseaan was minder erg daardeur geraak.

In die Atlantiese Oseaan is die geskiedenis nog onduidelik, maar daar is fossielrekords wat uit die pleistoseen dateer, voeg hy by.

Mnr. Fatih Sarigol, ­mede-outeur van Brittanje, sê hulle sou verkies het om met meer as een monster te werk, of om só 'n ­migrasie met 'n GPS-opsporingstoestel te dokumenteer: “Niemand kon voorsien dat hierdie walvis die Suid-Atlantiese Oseaan sou besoek nie.

“Vir sulke onverwagse geleenthede in die wetenskap moes ons van buitengewone metodes gebruik maak om sy herkoms te kon vasstel.”

Dr. Simon Elwen en dr. Tess Gridley, direkteure van die Namibiese Dolfynprojek en navorsingsgenote in die departement plant- en dierkunde by die US, sê hulle het dadelik geweet dat hierdie waarneming 'n ongewone gebeurtenis was.

“Gedurende die twee maande wat die walvis in Walvisbaai gebly het, het ons soveel as moontlik inligting ingesamel.

“Dit het die neem van genetiese monsters behels, asook gedetailleerde foto's, aangesien grys walvisse op grond van hul merke geïdentifiseer kan word.”

Hulle het geweet die genetiese materiaal sou hulle help om vas te stel van watter bevolking die walvis vandaan kom, en hoe ver dit gekom het.

Tot dusver het die foto-identifikasie van die grys walvis egter nog geen ooreenstemming met bestaande data opgelewer nie.

Volgens die navorsers het die waarneming in die ­Suid-Atlantiese Oseaan, in kombinasie met 'n handvol ander waarnemings in die Noord-Atlantiese Oseaan oor die afgelope dekade, aangedui dat die spesie aan die beweeg is.

Migrasie van grys walvisse van die Stille Oseaan-bevolking kan ook aan menslike bedrywighede toegeskryf word.

“Ons glo die mees waarskynlike reisroete van die Namibiese walvis, was via die Arktiese Oseaan, 'n deurgang wat ontstaan het as gevolg van die afname in ysvloei wat aan klimaats­verandering in onlangse jare toege­skryf kan word.”

- [email protected]

Soortgelyk

 

Mariental-hospitaal kry suurstofaanleg

1 uur gelede | Gesondheid

Die Mariental-hospitaal het 'n skenking van N$7 miljoen van Namib Desert Diamonds (Namdia) ontvang. Die omgewingsvriendelike suurstofaanleg met 'n kapasiteit van 500 liter wat aan...

Kleuter sterf ná pot kookwater op hom val

1 uur gelede | Misdaad

'n Driejarige seuntjie van Mondesa, Swakopmund, is Sondag dood, nadat sy boetie (5) 'n pot kookwater op hom afgetrek het. Volgens die polisie in die...

Bordjies verhang in Duitse verkiesing

7 ure gelede | Internasionaal

Die Sosiaal-demokratiese Party (SPD) het volgens voorlopige uitslae gister se algemene verkiesing in Duitsland met 25,7% van die stemme gewen.Dit beteken egter nie mnr. Olaf...

Klein, maar getrain

14 ure gelede | Landbou

William Klazen junior (5) van Windhoek is gister aangewys as die beste kindertouleier by die Windhoek Skou in die afdeling vir nul tot ses jaar....

Tragedie tref ná rugbywedstryd

14 ure gelede | Plaaslik

Andrew Poolman – Die tragiese heengaan van Edwardo Nell kort ná ’n rugbywedstryd Saterdag is vir FNB Wanderers-klub en die rugbygemeenskap ’n diepe skok.“Ons is...

Nida probeer kraaines oor geldsake ontrafel

14 ure gelede | Ministeries

Jo-Maré Duddy – Die agentskap vir nywerheidsontwikkeling in Namibië (Nida) is besig om ‘n regsmening in te win oor sy wetlike verpligting om die mediesefondsbydraes...

Rowers buit byna ’n miljoen in Walvisbaai

14 ure gelede | Misdaad

Dani Booysen en Erongo-redaksie – Die Namibiese polisie het bevestig gewapende rowers het Saterdagoggend by Pupkewitz MegaBuild in Walvisbaai N$943 616,84 gesteel.Vyf mans – twee...

Naweekpret by ‘motorhuismark’

14 ure gelede | Gebeure

Windhoek Express (WE) se eerste Garage Market het Saterdag plaasgevind. Markgangers kon verskeie stalletjies met handgemaakte items en produkte deur plaaslike entrepreneurs besoek, musiek luister...

Weer vir 27 September 2021

14 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die //Kharas-, Kunene- en Khomasstreke. Elders gedeeltelik bewolk en baie warm.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig met buie in die...