Namibiese fliek betower steeds
Die reeds-internasionaal bekroonde film Baxu and the Giants, die eerste Namibiese fliek om op Netflix te verskyn, is steeds besig om deure vir die plaaslike rolprentbedryf oop te maak.
Die fliek het die afgelope naweek weggestap met die toekenning vir die beste lang kortfilm by die 2020-Global Indie Film Fest. Die doel van dié fees is om die beste onafhanklike films en filmmakers in die bedryf te vier.
Die fliek is op 14 September 2019 uitgereik en het reeds verskeie internasionale toekennings ingepalm, insluitend die beste buitelandse narratief by die San Francisco Independent Short Film Festival en beste kinematografie by die Kanadese asook Europese Kinematografiese Toekennings. Die kortfilm Baxu is ook vir die beste kortfilm -toekenning by die 2020 African Movie Academy Awards (AMAA’s) benoem.
Die verhaal fokus op die sosiale verandering wat in ’n moderne Namibiese landelike gemeenskap meegebring word deur renosterstropery, soos vertel uit die oogpunt van ’n negejarige meisie. Met dié narratief beoog Baxu and the Giants om bewustheid onder jong gehore, veral kinders en tieners, te skep oor omgewingskwessies soos renosterstropery en om die gesprek aan die gang te hou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie