Namibiese drywer vas weens ‘wapensmokkelary’

Frank Steffen
Frank Steffen – ’n Drywer van ’n Namibiese vervoermaatskappy Snyman’s Transport het sedert Saterdagoggend opskudding veroorsaak.

Die webblad SA Long Distance Drivers (SALDD) berig die bestuurder was op pad na Luanda in Angola. Angolese beamptes het sy vragmotor voor Xangongo deursoek en het op ’n arsenaal van wapens afgekom.

Die bestuurder het agterna glo beweer hy het ‘n “tas” met instruksies ontvang om die wapens aan ‘n generaal in Xangongo te oorhandig.

Die Namibiese polisie het tot dusver nie veel inligting oor die insident verskaf nie.

Volgens die woordvoerder van die Namibiese polisie, adj.komm. Kauna Shikwambi, dui voorlopige ondersoeke daarop dat die wapens nie onwettig is nie.

“Die wapens is deur wettige wapenhandelaars gekoop en vir die Angolese mark bestem.”
[email protected]

FOTO’s verskaf
Van die wapens wat in die vragmotor gevind is.

Kommentaar

Republikein 2025-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer