Namibiese beesvleis kry ‘groenkaart’

Namibië se eerste besending van 25 ton gesogte beesvoorkwarte na Amerika is ná bykans twee dekades se onderhandelinge gereed vir uitvoer.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - “Namibiese beesvleis het sy groenkaart gekry! Dit beteken Meatco kan nou amptelik na Amerika uitvoer.”

Só het mnr. Ronald Kubas, die Meatco-raad se ondervoorsitter, gister tydens ’n nuuskonferensie gesê waartydens Meatco aangekondig het hy stuur sy eerste besending van 25 ton beesvleis na Philadalphia in Amerika.

Dit ná sowat 18 jaar se onderhandelinge met dié land.

Namibië is dus die eerste land in Afrika om vleis na Amerika, wat as die grootste beesvleismark ter wêreld bekend is, uit te voer.

Die plan is om dié land se kitskosbedryf te teiken.

Dit volg nadat Namibië verlede jaar ook die eerste land in Afrika was om beesvleis na China te kon uitvoer en intussen reeds meer as 3 000 ton aan dié land gelewer het.

Kubas het verduidelik ingevolge die ooreenkoms kan Namibië vanjaar altesaam 860 ton beesvleis na Amerika uitvoer. Teen jaar vyf sal Meatco tot 5 000 ton beesvleis per jaar kan uitvoer.

Me. Lisa Johnson, die Amerikaanse ambassadeur in Namibië, het gister tydens ’n nuuskonferensie verduidelik Meatco se uitvoere sal boonop belastingvry wees.

Dít danksy Amerika se Afrikagroei- en -geleentheidswet, oftewel Agoa.

Die eerste besending bestaan hoofsaaklik uit gesogte snitte soos beeste se ontbeende voorkwarte, het Namibië se adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, tydens die geleentheid gesê.

“Dit volg nadat die Namibiese regering in 2002 en weer in 2005 met onderhandelinge begin het om beesvleisprodukte na Amerika te kan uitvoer.

“Niks goeds kom maklik nie,” het Nandi-Ndaitwah gesê.

Sy het verduidelik Meatco moes verskeie streng oudits slaag.

Ook moes Namibië die afgelope 24 maande voortdurend vleismonsters na Amerikaanse laboratoriums vir ontleding stuur.

Nandi-Ndaitwah het gesê Meatco se hooffokus is die immer groeiende, gesondheidsbewuste verbruiker wat organiese kos, soos Namibiese beesvleis, wil eet.

“Ek kan trots bevestig Meatco voldoen voortdurend aan al die standaarde wat die Amerikaanse departement van landbou vereis, asook die Amerikaanse voedselveiligheidinspeksiediens vir beesproduksie en prosessering,” het Johnson gesê.

Sy het bygevoeg die ooreenkoms hou ekonomiese voordele vir Namibië in omdat dit nou deel kan wees van “die wêreld se grootste verbruikersmag met ’n koopkrag van tot USD 13 triljoen”.

“Terselfdertyd sal Amerikaanse verbruikers voordeel trek uit hul toegang tot Namibië se beesvleis wat van hoë gehalte is, asook hormoon- en antibiotikavry is, en van vrylopende, grasgevoerde beeste af kom.”

MEATCO ’N LANDBOUREUS

Mnr. Ronald Kubas, die Meatco-raad se ondervoorsitter, het gesê Namibië se lewendehawesektor is jaarliks sowat N$3,9 miljard werd en Meatco se aandeel daarin is soveel as 60%.

“Meatco kon daarin slaag om produsentepryse te stabiliseer en betaal mededingende pryse as dit vergelyk word met ander streek- en internasionale beesproduserende lande soos Botswana, Brasilië en Argentinië,” het hy gesê.

“Tydens die verwoestende 2019-droogte het ons produsente N$7 meer per kg betaal as wat in Suid-Afrika betaal is,” het hy gesê.

Hy sê verlede jaar het Meatco se Windhoek-fabriek teen 120% van sy kapasiteit gewerk en altesaam 115 000 beeste geslag en verwerk.

“In totaal het ons ook meer as N$1,1 miljard se direkte betalings aan produsente gemaak,” het Kubas gesê.

Hy het bygevoeg Meatco onderneem om marktoegang vir produsente noord van die veterinêre kordonheining te ontsluit en werk hieraan sal reeds voor Mei vanjaar begin.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A