Namibiese argitek wen groot toekenning

Me. Nina Maritz gaan eersdaags Parys toe om 'n internasionale prys te ontvang.
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die bekende Namibiese argitek me. Nina Maritz is een van die wenners van die gesogte internasionale toekenning vir volhoubare argitektuur.

Maritz, wat bekend is vir haar omgewingsvriendelike ontwerpe, gaan op 14 Mei haar toekenning tydens 'n glansgeleentheid by die Cité de l'Architecture in Parys, Frankryk, ontvang.

Daar gaan sy tydens die driedaagse simposium skouers met die wêreld se beste argitekte skuur, soos onder andere wenners van die Pritzker-argitektuurprys, wat beskryf word as die Nobelprys vir argitekte. Die tema vir vanjaar se geleentheid is “Argitektuur vir burgerlike bemagtiging”, en die Franse minister van kultuur gaan tydens die toekenningseremonie ook teenwoordig wees.

“Ek het glad nie geweet 'n vorige wenner het my vir die toekenning genomineer nie. Ek was ná Kersfees van die plaas af op pad terug Windhoek toe, toe ek die oproep met die goeie nuus ontvang,” het Maritz aan Republikein vertel.

“Ek was 25 jaar gelede in Parys en sien uit na die geleentheid wat by die Cité de l'Architecture aangebied word en glo 'n pragtige uitsig op die Eiffeltoring het.”

Maritz is die vierde wenner uit Afrika naas argitekte uit Suid-Afrika en Burkino Faso, wat ook al met die prys weggestap het.

Die toekenning erken vyf argitekte wêreldwyd wat beide die beginsels van volhoubare ontwikkeling en deelnemende argiteksbenadering tot die behoeftes van die samelewing deel.

“Die kriteria behels konsepte van bewaring, maar ook gemeenskapsontwikkeling. Dit gaan nie oor een spesifieke projek nie, maar oor die werk wat jy in die tyd gedoen het,” verduidelik Maritz.

UNIEKE ONTWERPE

Die internasionale toekenning vir volhoubare argitektuur is in 2006 deur die argitek prof. Jana Revedin gestig in vennootskap met die Cité de l'Architecture et du Patrimoine en sy lidinstellings van die internasionale wetenskaplike komitee.

Sedert 2010 is die Verenigde Nasies se agentskap vir Onderwys, Weten­skap en Kultuur (Unesco) die beskermheer hiervan. Die direkteur-generaal van kultuur van Unesco en die president van Cité de l'Architecture et du Patrimoine gaan ook by die seremonie teenwoordig wees.

Maritz se unieke ontwerpe word in alle uithoeke van Namibië gesien, soos onder meer die Habitat Hulpbronne- en Ontwikkelingsentrum in die hoofstad, die Twyfelfontein-besoekersentrum, die uitkykpunt van die Visriviercanyon, die ministerie van finansies se kantore op Keetmanshoop, die landdroshof op Okakarara in die Otjozondjupastreek, asook verskeie landelike skole.

Sy het ook verskeie lodges ontwerp soos onder meer Kalahari Game Lodge, Ongava se Andersson's Camp en Taleni Etosha Village.

Haar nuutste projek is die Shipwreck Lodge in die Skedelkus Nasionale Park, sowat 68 km noord van Möwebaai.

Dit is 'n unieke ekologies-vriendelike ontwerp wat daarop geskoei is dat al die strukture van die lodge weer later verwyder kan word om geen konstruksievoetspoor in die sensitiewe woestynomgewing agter te laat nie.

Shipwreck Lodge se hoofgebou en 10 houtchalets met abstrakte skeepswrakselemente is op die duine op die suidelike oewer van die Hoarusibrivier geleë met groot vensters wat op die see uitkyk.

Die ontwerp spruit uit die skeepswrakke aan die Skedelkus en die oorlewendes wat moes skuiling soek teen die ongenaakbare natuurelemente van die woestyn.

Shipwreck Lodge maak in Junie sy deure vir gaste oop.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 20.15 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.09/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.82% | Zinc US$ 2 875.40/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 89.28/BBP UP +0.43% | Platinum US$ 914.57/OZ DOWN -0.0014 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 20.15 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.09/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.82% | Zinc US$ 2 875.40/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 89.28/BBP UP +0.43% | Platinum US$ 914.57/OZ DOWN -0.0014