Namibia Safari Services vier 25 jaar
Die onderneming Namibia Safari Services bied reeds sedert 1993 betroubare trofeeverskepingsdienste aan die jagbedryf.
Toe Harald Preschel sy onderneming, Namibia Safari Services, in Mei 1993 gestig het, was hy reeds ’n oud hand in die toerismebedryf.
Hy het gereeld fotosafari’s aangebied, as vryskut toergids opgetree of ander dienste aan die bedryf gelewer.
In daardie stadium was hy ook reeds bekend in die plaaslike jagbedryf as ’n betroubare agent vir die versending van jagtrofees na die buiteland.
Hy sou egter nie 25 jaar gelede kon dink dat hierdie diens aan ’n nismark tot ’n finansieel volhoubare onderneming sou lei waaruit hy en sy gesin ’n goeie bestaan maak nie.
Preschel het dit reggekry om Namibia Safari Services uit te bou tot ’n onderneming wat deesdae byna uitsluitlik net in die hantering en verskeping van trofees spesialiseer.
Hy het dit reggekry deur in die buiteland opleiding van ’n internasionale vervoerbestuursmaatskappy te ontvang wat reeds vir meer as 35 jaar verskepingsdienste lewer. Hy en sy span beskik daarom oor ’n rykdom van kennis in die hantering van jagtrofee-uitvoere na ander lande in die wêreld.
Volgens hom het die internasionale vervoer van diereprodukte die afgelope twee dekades toenemend meer kompleks geword vanweë die magdom vereistes waaraan voldoen moet word.
“Lande waarheen uitgevoer word verander gereeld, en gewoonlik sonder enige vooraf kennisgewing, hul invoervereistes. Soms word tydelike invoerbesperkings ook ingestel. Namibië moet as die land van oorsprong aan hierdie besluite deur buitelandse gesondheids- en wildlewe-agentskappe gehoor gee,” vertel hy. Dan dra lug- en skeepsrederye ook nog tot dié dinamiese omgewing by met hulle stel reëls en regulasies.
’n Groot funksie van sy onderneming is om volhoubare logistieke oplossings vir die verskepings van hierdie wildprodukte te soek. Sonder dit kan die veilige uitvoer van trofees na internasionale bestemming nie geskied nie.
Namibia Safari Services beskik oor ’n wêreldwye netwerk van kundige en betroubare vennote wat help om sy dienste vaartbelyn en in pas met internasionale doeaneregulasies te hou.
Daarbenewens is die onderneming ook geaffilieer by verskeie internasionale jagorganisasies.
Hierdie handelbetrekkinge wat oor baie jare gevestig is, bied aan trofeejagters, hul gidse en plaaslike gashere die gemoedsrus dat daar aan internasionale standaarde voldoen word.
Hulle kan met vertroue hul kosbare trofees aan Namibia Safaris Services, geleë in Prosperita in Windhoek, toevertrou, sê Preschel.
Hy sê die onderneming betree ook nou ’n nuwe fase met sy dogter en skoonseun, Benita en Kai Eichler, wat hulle ná 9 jaar in die buiteland by Namibia Safari Services gaan aansluit.
Hiermee word die weg gebaan vir die nuwe generasie om die onderneming die toekoms in te lei, sê hy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie