Namibië vier nat Onafhanklikheidsnaweek
Yandi du Plessis
Reën het die afgelope Onafhanklikheidsnaweek wyd oor Namibië geval en volgens die Facebook-groep Reën in Namibia is groot neerslae gemeet – van die Suide tot die Noordweste, waar die reënseisoen vanjaar sy opwagting laat in die seisoen gemaak het.
Hewige reënbuie het oor Outjo uitgesak. Hoewel geen spesifieke syfers op die groep aangemeld is nie, het verskeie video's wat oor die naweek opgelaai is duidelik gewys hoe strome water sterk deur dié dorp se strate geloop het.
Gunstige syfers is ook weer in die Kamanjab-Khorixas-gebied aangemeld. Op Paderborn, ’n plaas wat tussen dié twee dorpe geleë is, het daar net op Sondag 32 mm geval.
Gisteroggend is 24 mm uit die reënmeters op Ruacana, asook in die Kunenestreek in die Noordweste, gegooi.
Op Ondangwa is ’n totaal van 67 mm Sondagoggend gemeet. Dit het binne drie dae (Vrydag tot Sondag) 161 mm gereën.
Op 21 Maart is 20 mm op Oshakati in die verre Noorde aangemeld.
Op Otjiwarongo in die Otjozondjupastreek het 24 mm reën Sondag deur die dag geval en Sondagaand is ’n maksimum van 40 mm op Okahandja aangemeld.
Oor die naweek is reënbuie in woonbuurte oraloor Windhoek aangemeld. Saterdagoggend is 50 mm uit die reënmeters op Elisenheim gegooi en Ludwigsdorf het Sondag 32 mm gehad. Gisteroggend was daar 38 mm in die reënmeters in Pionierspark en van Saterdag tot Sondag het 44 mm in Klein Windhoek geval. Die Klein Windhoekrivier in Eros het teen Sondagmiddag nog sterk gevloei.
Sondag het 26 mm reën buite Rehoboth geval.
Vrydag is ’n ongelooflike 70 mm op Omaruru in die sentrale gebied van Namibië aangemeld, wat volgens Reën in Namibia “die meeste reën in ten minste 15 jaar” is. Riviere in dié gebied het sterk afgekom.
Op 20 Maart is 50 mm buite Usakos aangemeld.
Op Suidedorpe soos Keetmanshoop en Mariental het daar ook sterk buie oor die naweek geval. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie