Namibië verbind tot SADC-integrasie
Estelle de Bruyn - Namibië is ten volle verbind tot die implementering van die Afrika-unie se Agenda 2063 en die integrasie van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) ter bevordering van vastelandse samewerking en ekonomiese integrasie.
Dit was die boodskap van die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, wat verlede week in Antalya in Turkye aan die middeltermyn-hersieningkonferensie oor die Istanboelse program van aksie vir minsontwikkelde lande deelgeneem het.
Sy het in haar toespraak daarop gewys dat minsontwikkelde lande meer weerloos is vir klimaatverandering, veral omdat ekonomiese groei in hierdie lande hoogs afhanklik van tradisionele landbou is en omdat ’n gebrek aan bronne voorkom om by klimaatverandering aan te pas
“Die onlangs ondertekende Parys-ooreenkoms gee hoop vir die internasionale verbinding om die impak van klimaatverandering die hoof te bied. Gevolglik sien ons uit na die implementering van die strategieë en resolusies om finansiële bystand aan ontwikkelende lande te vermeerder om die impak van klimaatverandering te verminder en daarby aan te pas,” het Kuugongelwa-Amadhila gesê.
Sy het ook ’n beroep op alle vennote gedoen om te help om die momentum vol te hou deur die ontwikkelingsuitdagings vir minsontwikkelde lande die hoof te bied deur hul ondersteuning om doeltreffend die prioriteite van die Istanboel-program van aksie en ander internasionale ontwikkelingsverbintenisse na te kom.
Die Istanboel-program van aksie het vyf jaar gelede die lig gelig en ’n ontwikkelingspadkaart vir minsontwikkelde lande vir die daaropvolgende tien jaar opgestel.
Minsontwikkelde lande en hul ontwikkelingsvennote het hul daartoe verbind om sosioëkonomiese omstandighede vir burgers van minsontwikkelde lande te verbeter.
“Met die program word daarna gestreef om strukturele uitdagings wat minsontwikkelde lande in die gesig staar, te oorbrug. Dit word gedoen dat hulle internasionaal aanvaarde ontwikkelingsdoelwitte kan verwesentlik en hulle by te staan om die kategorisering as minsontwikkelde lande af te skud,” het Kuugongelwa-Amadhila gesê.
Sy meen vanjaar se konferensie is tydig omdat Agenda 2030 vir volhoubare ontwikkeling pas aanvaar is waarin ’n globale verbintenis vir die beëindiging van armoede teen 2030 gegee word.
Saam met die Parys-ooreenkoms op klimaatverandering is dit krities vir die realisering van die Istanboel-program van aksie gegewe dat die helfte van die bevolking van minsontwikkelende lande in die uiterste armoede lewe.
Die eerste minister het ook daarop gewys dat tweederdes van die mense in minsontwikkelde lande in landelike gebiede woon, waar armoede die mees wydverspreid is en sosioekonomiese infrastruktuur en voorsiening van dienste te kort skiet.
“Gevolglik sal landelike ontwikkeling sentraal wees in die vordering deur minsontwikkelde lande om die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte te verwesenlik. Landelike ontwikkeling is ook noodsaaklik vir volhoubare verstedeliking, ” het sy gesê.
Sy het haar waardering uitgespreek vir die vordering wat reeds op die gebiede van menslike ontwikkeling, toegang tot inligtingstegnologie, vermindering van die sterfte van kinders en moeders, toegang tot onderwys en vroue-verteenwoordiging in politieke sfere gemaak is. Sy het egter daarop gewys dat heelwat nog gedoen moet word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie