Namibië verbeter bekamping van mensehandel
Die regering van Namibië is opgegradeer na 'n vlak 1-land in die 2020-verslag oor mensehandel (TIP) vir sy volledige
voldoening aan die minimum standaarde vir die bekamping van hierdie misdaad.
Namibië is die enigste land in Afrika wat 'n vlak 1-gradering behaal het, nadat hy voorheen op vlak 2 was.
Die TIP-verslag, saamgestel deur die Amerikaanse departement van buitelandse sake, is die wêreld se omvattendste verslag oor regeringspogings om mensehandel te bekamp en weerspieël die Amerikaanse regering se toewyding tot wêreldleierskap oor hierdie belangrike menseregtevraagstuk.
Die graderingsvlak van ’n land weerspieël die regering van daardie land se pogings gedurende die verslagtydperk om aan die minimum standaarde vir die uitskakeling van mensehandel te voldoen, wat kragtens Amerika se wet op die beskerming van die slagoffers van mensehandel ingestel is.
Foto ter illustrasie: Pixabay

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie