Namibiu00eb veg voor in kankerstryd
Namibiu00eb veg voor in kankerstryd

Namibië veg voor in kankerstryd

Die Kankervereniging van Namibië (CAN) is uit meer as 'n 100 organisasies gekies om as drukgroep vir beter, gelyke toegang tot kankerdienste op te tree.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die unie vir internasionale kankerbeheer (UICC) het die Kankervereniging van Namibië (CAN) as vanjaar se Country Champion aangewys.

Die doel van die UICC Country Champions-program is om ‘n wêreldwye leiersorganisasie vir kanker te kies en met internasionale eweknieë saam te werk om doeltreffende, nasionale veldtogte saam te stel wat as drukgroep vir beter, gelyke toegang tot kankerdienste wêreldwyd dien.

”Uit die meer as 100 organisasies sal CAN hom nou by 16 ander organisasies uit elke streek in die wêreld in 2019 as Country Champions aansluit en verbind bly om met hul onderskeie regerings in gesprek te tree vir verbeterde, gelyke toegang tot kankerdienste wat op die vier kernpilare, naamlik inligting, vroeë opsporing en ondersteunende, palliatiewe sorg gebaseer is,” sê mnr. Carry Adams, uitvoerende hoof van die UICC.

As deel van die nasionale aktivering van die Behandeling vir Almal-veldtog, sal Namibië as Country Champion leiding en geteikende, tegniese ondersteuning ontvang, wat die land in staat sal stel om met die regering saam te werk om enige ongelykhede te takel. Sodoende word alle Country Champions leiers van die wêreldwye Behandeling vir Almal-veldtog.

“Wêreldwyd het ons ons daartoe verbind om die voortydige sterftes weens kanker en ook nasionale sterftes as gevolg van die siekte teen 2025 met 25% te verminder. Die werk van dié Country Champion-organisasies sal ‘n bydrae lewer tot die werklike impak wat ons wil sien. Daar is geen tyd om te mors om wêreldwye beloftes in nasionale optrede om te skakel nie,” het Adams gesê.

Danksy ‘n aanlyn kursus en gids wat van Maart af beskikbaar is, sal lande kan saamwerk om ‘n doeltreffende nasionale Behandeling vir Almal-veldtog saam te stel wat ingedien sal word voor die beraad vir Wêreldkankerleiers wat in Oktober in Kazakstan plaasvind.

Gebaseer op die behoeftes van die 16 Country Champions sal die UICC ondersteuning aan elkeen bied om vaardighede op die gebied van onder meer kommunikasie, fondsinsameling en monitering te verbeter.

CAN se uitvoerende hoof, mnr. Rolf Hansen, sal namens die organisasie as Country Champion ook ‘n werkwinkel by die beraad bywoon, wat op gelyke toegang tot behandeling fokus. Hansen sal tydens dié geleentheid ook steun by die wêreldwye gemeenskap vir beleggings werf om die vroeë opsporing van kanker in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) te bevorder.

“Ek is ongelooflik trots op dié prestasie. Die hele CAN-span en die Namibiese gemeenskap verdien die eer. As ‘n gemeenskap van hoop wat hom beywer om ‘n verandering in lewens te maak, is ons deur die wêreldgemeenskap erken vir wat ons doen, en wat ons bereid is om te doen. Ons beloof om nou selfs meer te doen om die toekoms positief te verander,” het Hansen gesê.

Namibië sluit hom nou by die eerste drie Country Champions, naamlik die Indonesië-kankerstigting, Salvati A.C. in Mexiko, en die Uganda-kankervereniging aan in ‘n gesamnetlike poging om die las van kanker in dié onderskeie lande te verlig.

“Dit was ‘n geweldig kompeterende proses en ons is verheug om saam met vanjaar se Country Champions te werk,” het me. Micaela Neumann van die UICC gesê.

Die laaste sewe jaar het die UICC die kankergemeenskap verenig om die siekte op die agenda van wêreldgesondheid en -ontwikkeling te plaas.

Kanker en nie-oordraagbare siektes is ook in 2015 in die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte vervat, wat gelei het tot die suksesvolle aanvaarding van ‘n kankerresolusie tydens die Wêreldgesondheidsvergadering in 2017.

Die Behandeling vir Almal-veldtog het ten doel om onder meer die gehalte van kankerdata te verbeter, die aantal mense met toegang tot vroeë opsporing en akkurate kankerdiagnoses te verhoog, om gehalte behandeling betyds te verskaf en om basiese ondersteunende en palliatiewe sorg vir alle lyers te verseker.

Kommentaar

Republikein 2024-05-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.96 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.65 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.88 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.96 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.02/OZ UP +0.37% | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.0117 | Zinc US$ 2 882.50/T UP 0.28% | Brent Crude Oil US$ 84.63/BBP DOWN -0.0238 | Platinum US$ 949.47/OZ UP +1.57% Sport results: LaLiga: Barcelona 4 vs 2 Valencia SerieA: Genoa 3 vs 0 Cagliari European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town | Preston North End 0 vs 3 Leicester City Weather: Katima Mulilo: 12° | 33° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 16° | 32° Ruacana: 15° | 32° Tsumeb: 15° | 31° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 13° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Wind speed: 40km/h, Wind direction: E, Low tide: 04:26, High tide: 10:41, Low Tide: 16:45, High tide: 23:19 Swakopmund: 16° | 18° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:39, Low Tide: 16:43, High tide: 23:17 Walvis Bay: 17° | 25° Wind speed: 30km/h, Wind direction: S, Low tide: 04:24, High tide: 10:38, Low Tide: 16:43, High tide: 23:16 Rehoboth: 15° | 29° Mariental: 18° | 31° Keetmanshoop: 20° | 32° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 16° | 29° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 14° | 25° Maseru: 10° | 26° Antananarivo: 15° | 25° Lilongwe: 14° | 28° Maputo: 18° | 28° Windhoek: 13° | 27° Cape Town: 16° | 24° Durban: 18° | 26° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 26° | 30° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.96 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.65 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.88 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.96 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1389.52 | USD to ZAR 18.65 | USD to ZMW 26.87 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76076.19 Down -0.5% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1690.93 Down -0.96% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13319.36 Down -0.41% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 24448.73 Down -6.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9146.09 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 300.02/OZ UP +0.37% | Copper US$ 4.45/lb DOWN -0.0117 | Zinc US$ 2 882.50/T UP 0.28% | Brent Crude Oil US$ 84.63/BBP DOWN -0.0238 | Platinum US$ 949.47/OZ UP +1.57%