Namibië tref goud in Durban
Karate
Tielman van Lill
Die Statebond-karatefederasie, met Karate Suid-Afrika as gasheer, het vir opwinding in KwaZulu-Natal gesorg toe Namibiërs ses brons en een goue medalje gewen het.
‘n Span van 43 karateka en beamptes van die Namibiese Karate-unie (Naku) het die afgelope naweek in Durban, Suid-Afrika, aan die negende Statebondkampioenskappe by die Olive-konvensiesentrum deelgeneem.
Afgesien van die gasheer en Namibië, het 936 atlete van Botswana, Engeland, Indië, Kanada, Mauritius, Mosambiek, Noord-Ierland, Saint-Kitts en die Nevis-eilande, Skotland en Sri Lanka hul bes in die Kumite- en Kata-dissiplines gedoen om as Statebondkampioene gekroon te word.
Die toernooi het uit die Statebondbeker bestaan, waar kinders onder 14, veterane en meesters kon meeding, terwyl kadetmeisies en -seuns (van 14 en 15 jaar), juniors (16 en 17 jaar), o.21’s, en seniors aan die Statebondkampioenskap deelgeneem het.
Karate, wat voorheen nie as ‘n Olimpiese sport erken is nie, het op 3 Augustus 2016 die jawoord by die Internasionale Olimpiese Komitee gekry.
Hierdie positiewe stap het wêreldwyd ongekende groei in dié sport aangevuur en karateka sal by die 2020 Olimpiese Spele in Tokio, Japan, hul buiging kan maak.
Die Kata-kompetisie behels ‘n dissipline waarin ‘n reeks geoefende bewegings uitgevoer word. Die Kumite-afdeling (wat letterlik “grypende hande” beteken) is van toepassing waar twee karateka hul slag teen mekaar in ‘n skermoefening wys.
Naku is geweldig trots op Ané Olivier, Requelle Rickerts, Carlo Amia, Suzelle Pronk en Stefan van der Merwe, wat almal brons medaljes in die Kumite-afdeling verower het.
Freddy Mwiya jr., wat in sy pa se voetspore volg, het die land se vlag hoog laat wapper en ’n brons medalje in die Kata-afdeling verwerf, asook goud vir sy Kumite-vertoning.
Met Namibië se deelname in Durban het die atlete gewys Namibiërs is gereed om teen die bestes op wêreld- en elite-vlak mee te ding.
Met die Streek Vyf-karatekampioenskappe, wat volgende jaar Mei in Namibië aangebied word, wil die Namibiese Karate-unie graag atlete en borge aanmoedig om by karate betrokke te raak.
Naku prys sy lede en bedank Futurenergy vir sy bydrae.
“Naku wil al die atlete met hul prestasies by die 2018 Statebondkampioenskappe in Durban geluk wens. Julle het Namibië met trots verteenwoordig en jul land trots gemaak. Baie dankie aan Futurenergy, ons hoofborg, wat ons droom ’n werklikheid help maak het,” het Naku gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie