Namibië Toerisme Ekspo 2017 bevorder veilige reis
Die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) wat vanjaar sy 19de verjaardag vier, vind van vandag tot Saterdag 3 Junie by Windhoek se skougronde plaas.
Die NTE, wat die grootste toerismegeleentheid in Namibië is, bring rolspelers in Namibië en buurlande se toerismebedrywe byeen.
Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, sal die NTE vandag om 16:00 amptelik open.
Toerisme smee nie net vriendskapsbande en bevorder wedersydse begrip nie, dit is ook 'n belangrike ekonomiese ontwikkelingstrategie wat die land se groei bevorder.
Dit lewer 'n groot bydrae tot werkskepping en maak dit moontlik om met mense in plaaslike gemeenskappe te werk.
Vanjaar se tema vir die NTE, Veilige Reis, fokus op die veiligheid van reisigers - of hulle per pad, lug of see reis.
"Die Namibië Toerisme Ekspo het volhoubare groei getoon in die aantal uitstallers en besoekers sedert sy ontstaan. Sowat 24 000 mense het die ekspo verlede jaar besoek en daar is 'n toename in buitelandse uitstallers - veral van buurlande af. As organiseerders meet ons die sukses van die ekspo aan die kwaliteit van die uitstallers en gevolglik die aantal besoekers wat elke jaar deur die skougronde se hekke stroom," het me. Maggy Mbako, uitvoerende skakelbeampte van Namibia Media Holdings (NMH), gesê.
Mnr. Kosmos Egumbo, besturende direkteur van Old Mutual Namibia, sê: “Namibië is tans die land met die hoogste padsterftesyfer in die wêreld. Dit kan verander as ons paaie veiliger word. Baie toeriste sal dan voortgaan om Namibië as die bestemming van hul keuse te besoek. As Namibiërs moet ons ons houding verander om veilige reis te verseker. Dit is waarom Old Mutual as verantwoordelike besigheid die NTE 2017 met die tema Veilige Reis ondersteun."
Mnr. Lionel Matthews, Nedbank Namibia se besturende direkteur, sê: "Vanjaar dien die NTE as 'n gewaardeerde platform waar Nedbank sy nuwe handelsmerk op aanskoulike wyse ten toon gaan stel. Hierdie is opwindende tye vir ons en die NTE waar besoekers sal kan sien wat hulle in die volgende maande te wagte kan wees.
“Ons spanne het agter die skerms geswoeg en lang ure ingesit om die grondslag vir 'n unieke bankervaring te lê. Ons is meer as gereed om aan Namibië te wys waarom ons bank deurgaans as die bank met die beste kliëntediens in die land gereken word."
Mnr. Albe Botha, NMH se uitvoerende hoof, sê Namibiërs is by 'n kruispad.
“Ons moet ons houding oor padveiligheid verander en oortreders vir langer agter tralies hou. Boetes sonder aksie maak nie 'n verskil nie. Ons kan nie op dieselfde trant voortgaan en dink die dood gaan ons as 'n nasie nie meer dikwels besoek nie," het hy gesê.
NMH handhaaf voortdurend 'n goeie en standvastige verhouding met Old Mutual en Nedbank Namibia, die Namibië Toerisme Ekspo se borge. Hul bydrae en toewyding tot die ekspo is uitstekend en word hoog aangeslaan.
Die NTE se hekke is oop vir die publiek van 1 Junie tot 3 Junie tussen 14:00 en 20:00.
Vir meer inligting, besoek gerus nte.nmh.com.na.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie