Namibië stuur seine aan teenstanders
Krieket
Tielman van Lill – Die Namibiese Eagles (174/6) het Sondag hul derde internasionale T20-wedstryd (T20i) van die Summer Bash-reeks in Dubai teen Papoea-Nieu-Guinee (160/6) met 14 lopies gewen.
Namibië het in sy aanloop tot die T20 Wêreldbeker in die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) wat vir hulle op 18 Oktober in Abu Dhabi begin, uitstekende momentum in al sy opwarmingswedstryde opgebou.
In die Summer Bash het hulle die gasheerspan oorrompel, Skotland verniel en Sondag vir Papoea-Guinee (PNG) opnuut gewys die vroeër wegholsege in hul vriendskaplike T20 was nie ’n vloekskoot nie.
Die Eagles spog ná vier botsing met ’n totaal van 720 lopies (180 per wedstryd) asook 63 viere (15.75 per wedstryd) en 29 sesse (gemiddeld 7.25).
Craig Williams is sover Namibië se voorste kolwer met 169 lopies, gevolg deur Gerhard Erasmus met 167. JJ Smit is derde (124) met David Wiese (86), Stephen Baard (86), Zane Green (30) en Jan Frylinck (14).
Erasmus se vernietigende 129 nie uit in die vriendskaplike ontmoeting teen PNG besorg hom sover die meeste lopies op die toer.
Die aanvangskolwer Zane Green het nog nie met sy kolfwerk aan die gang gekom nie, maar met sy 26 van Sondag agter sy naam is daar tekens van herlewing vir die talentvolle houespeler en paaltjiewagter.
Op die boulfront het Frylinck die meeste paaltjies (9) ingeoes, terwyl Birkenstock, Trumpelmann en Wiese (4 elk) ook hul kant bring. Smit (3) is nie ver agter nie.
Sondag teen PNG was Williams (57) opnuut die kolfmeester. Smit (48) het ongelukkig sy paaltjie met ’n ongewone hou weggesmyt net voordat sy vyftigtal sou kom, maar hy het nietemin ook as bouler geskitter met twee paaltjies.
Indien die Eagles hul huidige peil kan behou, sal hulle gewis vir ’n opskudding of twee in groep A teen Sri Lanka, Nederland en Ierland kan sorg.
Namibië se volgende T20-wedstryd is vandag teen Oman en Donderdag teen Skotland in Dubai.
Hul vertoningslys sedert hul aankoms in Dubai:
1 T20i: Eagles (159/8 in 20 boulbeurte, kolftempo 7.94 per bb) klop die VAE (142/9 in 20, 7.10). Speler van die wedstryd: Jan Frylinck, 6/24.
2 T20i: Eagles (138/5 in 17.4, 7.81) klop Skotland (137/8 in 20, 6.85). Speler van die wedstryd: Craig Williams.
3 T20i: Eagles (174/6 in 20, 8.69) klop PNG (160/6 in 20, 8.00).
4 T20-vriendskaplik: Eagles (249/3 in 20, 12.45) klop PNG (165/9 in 20, 8.25).
Die Namibiërs se voorste individuele statistiek in hierdie vier T20-wedstryde (teen die Emirate, Skotland, PNG en die vriendskaplike botsing teen PNG):
TOPORDEKOLWERS (* nie uit nie)
1 Stephan Baard (39 van 34 balle, 4x4) + (39 van 41 b, 2x4, 2x6) + (8 van 4 b, 2x4) + (0 van 1 b) = 86 van 80 b, gemiddeld 21.5, kolftempo 107.5 persent (8x4, 2x6).
2 Zane Green (1 van 4 b) + (0 van 1 b) + (26 van 24 b, 3x4) + (3 van 6 b) = 30 van 35 b, 7.5, 88.23% (3x4).
3 Craig Williams (57 van 37 b, 7x4, 2x6) + (50 van 37 b, 7x4, 2x6) + (57 van 43 b, 3x4, 2x6) + (5 van 9 b) = 169, 126 b, 42.25, 134.12% (17x4, 6x6).
4 Gerhard Erasmus (27 van 19 b, 2x4) + (11 van 8 b, 1x4) + (0 van 1 b) + (129* van 60 b, 12x4, 9x6) = 167 van 88 b, 55.66, 189.77% (15x4, 9x6).
5 David Wiese (10 van 9 b, 1x4) + (0 van 1 b) + (10 van 7 b, 2x4) + (66* van 32 b, 8x4, 3x6) = 86 van 49 b, 28.66, 175.51% (11x4, 3x6).
6 JJ Smit (14 van 9 b, 1x4, 1x6) + (20* van 17 b, 1x4, 1x6) + (48 van 34 b, 3x4, 2x6) + (42* van 13 b, 3x4, 4x6) = 124 van 73 b, 41.33, 169.86% (8x4, 8x6).
BOULERS (maksimum 4 bb per wedstryd)
1 Frylinck (6/24 in 4 bb) + (2/24 in 4) + (1/29 in 4) = 9/77 in 12 bb; ekonomie 6.41 per boulbeurt (1 paaltjie vir elke 8 balle geboul).
2 Ruben Trumpelmann (2/22 in 4) + (2/23 in 4, 1 leeg) = 4/45 in 8, 5.62 (1/12).
3 Wiese (1/29 in 4) + (2/38 in 4) + (0/30 in 4) + (1/16 in 2) = 4/113 in 14, 8.07 (1/21).
4 Smit (0/33 in 4) + (1/19 in 4) + (2/24 in 4) + (0/9 in 1) = 3/85 in 13, 6.53 (1/26).
5 Karl Birkenstock (0/11 in 1) + (0/15 in 1) + (4/33 in 4) = 4/59 in 6, 9.83 (1/9).
6 Bernard Scholtz (0/19 in 2) + (1/16 in 3) + (1/14 in 2) + (0/2 in 1) = 2/51 in 8, 6.37 (1/24).
7 Pikky Ya France (0/4 in 1) + (1/29 in 3) + (0/29 in 4) = 1/62 in 8, 7.75, (1/48).
8 Ben Shikongo (1/18 in 2) + (1/31 in 4) = 2/49 in 6, 8.16 (1/18).
9 Michael van Lingen (0/10 in 1) + (2/40 in 4) = 2/50 in 5, 10 (1/15).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie