Namibiu00eb stel 92 lande van visums vry
Namibiu00eb stel 92 lande van visums vry

Namibië stel 92 lande van visums vry

NAMPA
Uit 92 lande wat in die 2018-’19-boekjaar vrygestel is van visumvereistes om Namibië binne te kom, het slegs 36 lande die gebaar op dieselfde manier beantwoord.

Die minister van binnelandse sake en immigrasie, mnr. Frans Kapofi, het dié aankondiging tydens sy begrotingsmotivering in die Nasionale Vergadering (NV) gemaak.

Hy het gesê hoewel Namibië tans visumvrye toegang aan burgers van 50 Afrikalande bied wat diplomatieke, amptelike en diens- of gewone paspoorte besit, het slegs 17 Afrikalande Namibiërs van visumvereistes vrygestel.

Hy het bygevoeg uit 42 nie-Afrikalande, wat Europese, Asiatiese, Noord- en Suid-Amerikaanse lande insluit, bied 19 visumvrye toegang aan Namibiërs.

Kapofi het gesê in reaksie op ’n versoek van president Hage Geingob om die houers van diplomatieke en amptelike of dienspaspoorte van visumvereistes na Namibië vry te stel, is bykomende houers van diplomatieke en amptelike paspoorte van 31 Afrikalande vrygestel om Namibië van 10 Augustus 2018 af te kon betree.

Hierdie vrystelling is ook aan Jamaikaanse burgers verleen.

“As ’n resultaat van internasionale samehorigheid het Namibië die besluit vrywilliglik geneem om burgers van daardie lande in staat te stel om ons land visumvry te besoek.

“Dit is ons hoop dat dié lande verstandigheid aan die dag sal lê om ons gebaar van welwillendheid te beantwoord,” het Kapofi gesê. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-05-09

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer