Namibië sonder 'n sitplek by Rugby Afrika
'n Tunisiër is die nuwe president van die kontinentale beheerliggaam.
Andrew Poolman - Namibië sal vir die komende jare nie verteenwoordiging op die uitvoerende bestuur van Rugby Afrika hê nie, na afloop van laasgenoemde se 13de algemene jaarvergadering laas Saterdag in Marrakesj.
Mnr. Bradley Basson se termyn van vier jaar het ten einde geloop, terwyl sy opvolger as president van die Namibië Rugby-unie (NRU), mnr. Corrie Mensah, die naweek as kandidaat benoem was, maar nie verkies is nie.
Namibië sal dus nie 'n teenwoordigheid op die kontinentale bestuursvlak nie. Die NRU sal dus minder invloed kan uitoefen sover dit bedinging oor kompetisies, die aanbieding van toernooie en ander gesprekvoering betref.
Histories is die toutrekkery in belange tussen die vasteland se Engels- en Franssprekende rugbylande dikwels 'n verskuilde faktor.
Khaled Babbou van Tunisië is die naweek as Rugby Afrika se nuwe president verkies. Die visepresident is Andrew Owor (Uganda), die tesourier Tano Elvis (Ivoorkus) en die sekretaris-generaal Jurie Roux (Suid-Afrika).
Die vergadering se 27 stemgeregtigde lidlande (26 teenwoordig en een volmagstem) het in 'n geheime stemming die volgende persone tot sy uitvoerende komitee verkies: Rolande Boro (Burkina Faso, 26 stemme), Aaron Jani (Zimbabwe, 25 stemme), Clement Sinkamba (Zambië, 23 stemme), Nasser Bougja (Marokko, 22 stemme), Herman M'Bonyo (DRK, 21 stemme), Paulina Lanco (Burundi, 19 stemme) en Guedel N'Diaye (Senegal, 18 stemme).
Abdelaziz Bougja, die uittredende president, is eenparig tot erepresident verkies. Gedurende sy termyn het die lidlande van Rugby Afrika van ses tot 32 aangegroei, waarvan 22 ook by Wêreldrugby geaffilieer is, word op sy Wikipedia-blad verklaar.
Khaled Babbou het sy voorganger Bougja en sy span geluk gewens met fantastiese werk die afgelope jare en het ter afsluiting van die kongres sy slagspreuk verklaar: “In Afrika bly ons verenig en doeltreffend.”
Oor Egipte se aansoek om affiliasie is met die opsteek van hande gestem, wat 25 ja-stemme gekry het.
• Republikein verneem dat die NRU-president, mnr. Corrie Mensah, op die kantlyn van die kongres ook samesprekings met Wêreldrugby se verteenwoordigers Steph Nel en David Carrigy (hoofbestuurder van ontwikkeling) gehad het.
Uitklaring oor die afgelope maande se onderhandelinge tussen Wêreldrugby, die NRU en die Namibiese Rugbymaatskappy – veral oor eersgenoemde se finansiering van rugbybedrywighede in die aanloop tot die naderende 2019 Wêreldbeker in Japan – sou sentraal in dié besprekings wees.
Mensah was gister nog op sy terugreis uit Marokko en kon dus teen druktyd nie vir kommentaar bereik word nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie