Namibië skitter in Duitsland

Paralimpiese sport
NAMPA
'n Span van die Namibiese Para­­­­­limpiese Komitee (NPK) het verlede week na Berlyn vetrek waar hulle Saterdag en Sondag aan die Internasionale Paralimpiese Grand Prix-byeenkoms by die Friedrich Ludwig Jahn-sportpark saam met 41 ander lande deelgeneem het.

Die kleinerige span bestaande uit Dian Jansen (gewigstoot, spiesgooi en skyfwerp, F44-klas), Bernardo­ Immanuel (100 m, 200 m, 4x100 m-aflos, T11), Bradley Murere (100 m, 200 m, T46), Kinda Chris (200 m, 400 m, 4x100 m-aflos, T12), Christoph Marungu (100 m, 200 m, 400 m, T12), Ananias Shikongo (100 m, 200 m, 400 m, T11), Johannes Nambala (100 m, 200 m, 400 m, T13), Petrus Karuli (800 m) is deur Michael Hamukwaya (bestuurder asook sekretaris-­generaal van die NPK) en Barbara Fernandez (afrigter) vergesel. Die atlete wat die blinde naellopers as gidse lei, is David Ndeilenga, Enoch Kawiwi en Even Tjiviju.

Hamukwaya het aan Nampa gesê die NPK is besig om nuwe atlete te brei wat vir groter dinge bestem is.

“Ons het vars name gebring wat ons aan die elite-omgewing van atletiek wil bekend stel. Daar is die Afrika-­spele en die Wêreldkampioenskappe wat volgende jaar aangebied word, en die 2020 Tokio Paralimpiese Spele lê net om die draai. Die atlete word gebrei en vir die internasionale verhoog voorberei,” het hy verduidelik.

Bernardo (The Bullet) Immanuel is een van die onervare atlete wat homself bevoorreg beskou om saam met 'n gesoute atleet soos Ananias Shikongo in Berlyn te kan hardloop. Immanuel het in 2016 sy eerste medalje by die o.20-Afrika-unie-kampioenskap in Luanda in die 100 m gewen.

“Ek leer elke dag van Ananias en my persoonlike oogmerk is om 'n kampioen te word en vir Namibië medaljes te wen. Elke afstand is anders en jou laaste poging in elke wedloop verskil. Ek is gebore om 'n kampioen te word en ek weet met harde werk sal ek dit bereik,” het hy vertel.

Die jong Jansen is nog 'n atleet wat Berlyn as 'n maatstaf wil geberuik.

“Ek is nou in my matriekjaar en het die meeste van die tyd op my skoolwerk gefokus. Dit is my eerste keer dat ek Namibië as 'n gestremde atleet in die F44-klas sal verteenwoordig. My deelname in Duitsland is daarop gemik om myself vir die toekoms te smee. Ek gaan my persoonlike beste in al drie dissiplines gee. Ek wil Namibië graag in toekomstige internasionale kompetisies verteenwoordig,” het Janse gesê.

Nog twee ysters wat gereed vir Berlyn was, is die blitse Nambale en Shikongo wat weet hoe om 'n stophorlosie te laat stil staan.

“Ons het die hele jaar goed geoefen en die week lange oefenkamp in Nederland was net die regte medisyne. Ons het in Katutura geoefen waar daar nie 'n tartanbaan is nie en die voorbereiding in Nederland was wel op 'n sintetiese oppervlak, wat ons gaan help,” het Shikongo vertel.

Nambala sê hy was nog nooit so goed op peil vir 'n wedloop nie.

“Ek sien uit daarna om my persoonlike beste tyd in die 400 m aan te teken, want dit is die laaste GP-­byeenkom van die jaar. Ek weet ek gaan strawwe kompetisie hê, maar om 'n medalje te wen, gaan geweldig baie vir my selfvertroue beteken,” het hy filosofies gesê.

Die groentjie Christoph Marungu vertel dat hy die druk van so 'n groot byeenkoms kan voel, maar is gereed om mededingend te wees.

“Dit is my eerste groot byeenkoms, maar met al die harde werk agter die rug hoop ek om 'n goue medalje op te raap of dalk silwer om my nek te hang. Ek sal myself in toom moet hou dat ek nie te senuagtig voor 'n wedloop word nie, want ek is vol vertroue dat ek goed gaan vaar.”

Enock Kawiwi is die gids vir Christoph Marungu en vertel hoe hy dit geniet. “Ek het die afgelope twee jaar geoefen om 'n gidsnaeler te word. Dit verskil hemelsbreed van gewone naellope, want ek is self een. Hierdie byeenkoms is vir my 'n groot uitdaging, maar ek geniet dit verskriklik en gaan dit nog vir baie jare doen om as 'n gids vir ander op te tree.'”



Uitslae

T11: 100 m: Shikongo het net-net 'n bronsmedalje misgeloop toe hy die derde plek met 0.02 sekondes teen Filipe Gomes (11.35 s) van Brasilië verloor het, terwyl Lucas Prado (Brasilië) tweede in 11.13 s geëindig het. Goud het aan die Amerikaner David Brown behoort wat die 100 m in 11.08 s afgeblits het. Immanuel het die agste plek met 12.55 s behaal.

200 m: Shikongo goud en Immanuel­ silwer. 400 m: Shikongo tweede in 51.96 s vir silwer.

T12. In die 100 m het Marungu sesde in 12.83 s geëindig.

T13: Nambala het Namibië se eerste goue medalje in die 400 m gewen toe hy 'n tyd van 49.73 s behaal het en die 100 m (11.12 s) en 200 m vir silwer afgerond het.

T46: 100 m: Murere behaal behaal brons in 11.98 s met sy debuut en rond dit met silwer in die 200 m af.

F44: In die gewigstoot het Jansen sy woord gestand gedoen toe hy 'n persoonlike beste afstand van 9.51 m met die nuwe 6 kg-gewig gestoot het om sy bronsmedalje te verdien. Goud behoort aan Tom Habscheid van Luxemburg met 'n massiewe afstand van 14.79 m terwyl Frank Tinnemeier van Duitsland tweede met 13.03 m was. – Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-05-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.07 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.08 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.59 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.08 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79808.06 Down -0.33% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1762.08 Down -0.21% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.85 Down -0.13% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27224.8 Down -0.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 421.03/OZ DOWN -0.0022 | Copper US$ 5.07/lb DOWN -0.0014 | Zinc US$ 3 137.30/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 82.74/BBP DOWN -0.0144 | Platinum US$ 1 053.46/OZ UP +0.34% Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe SerieA: Bologna 3 vs 3 Juventus | Salernitana 1 vs 2 Hellas Verona | AS Roma 1 vs 0 Genoa | Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Monza 0 vs 1 Frosinone | Udinese 1 vs 1 Empoli | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta Weather: Katima Mulilo: 10° | 30° Rundu: 10° | 29° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 28° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 12° | 26° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 47km/h, Wind direction: NE, Low tide: 08:08, High tide: 02:03, Low Tide: 20:12, High tide: 14:33 Swakopmund: 19° | 27° Wind speed: 23km/h, Wind direction: E, Low tide: 08:06, High tide: 02:01, Low Tide: 20:10, High tide: 14:31 Walvis Bay: 22° | 34° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 08:06, High tide: 02:00, Low Tide: 20:10, High tide: 14:30 Rehoboth: 12° | 26° Mariental: 15° | 28° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 14° | 28° Lüderitz: 17° | 33° Ariamsvlei: 17° | 31° Oranjemund: 12° | 22° Luanda: 23° | 26° Gaborone: 12° | 25° Lubumbashi: 12° | 27° Mbabane: 11° | 22° Maseru: 9° | 25° Antananarivo: 10° | 17° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 17° | 25° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 24° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 22° | 23° Lusaka: 14° | 25° Harare: 11° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.92 | EUR to NAD 19.61 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 18.07 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.69 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.08 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.51 | USD to EGP 46.59 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1529.85 | USD to ZAR 18.08 | USD to ZMW 25.9 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79808.06 Down -0.33% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1762.08 Down -0.21% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.85 Down -0.13% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27224.8 Down -0.01% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 421.03/OZ DOWN -0.0022 | Copper US$ 5.07/lb DOWN -0.0014 | Zinc US$ 3 137.30/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 82.74/BBP DOWN -0.0144 | Platinum US$ 1 053.46/OZ UP +0.34%