'Namibië se ongelykheid moet getakel word'
Die minister sê ontwikkelingstrukture moet groei, werksgeleenthede en insluiting by rykdom verseker.
Adolf Kaure - Hoewel Namibië 'n hoë- middelinkomsteland is, staar heelwat uitdagings die land nog in die gesig.
'n Forum vir die middelinkomstelande (MIC's) Botswana, Lesotho, Namibië, Suid-Afrika en Swaziland (BLNSS-lande) is verlede week op Swakpomund aangebied en is deur meer as 50 afgevaardigdes bygewoon.
Die minister in beheer van die Nasionale Beplanningskommissie, mnr. Obeth Kandjoze, het gesê hoewel Namibië as 'n hoë- middelinkomsteland geklassifiseer is, is armoede steeds nie uitgewis nie.
“Ons moet werkloosheid en ongelykheid takel deur ontwikkelingstrukture te verander sodat dit groei, werksgeleenthede en insluiting by rykdom verseker,” het Kandjoze gesê.
“Dit is 'n reusetaak wat voorlê, maar ek glo daar is geen beter span of vennootskap om dit te verrig as dié wat hier vergader is nie.”
Me. Kiki Gbeho, die Verenigde Nasies (VN) se koördineerder en die verteenwoordiger van die VN se Ontwikkelingsprogram (UNDP), het gesê: “Namibië is een van die lande op die vasteland wat die vermindering van armoede die vinnigste bewerkstellig het en wat daarin geslaag het om ongelykheid effens te verminder, terwyl sy bruto binnelandse produk gestyg het.” Namibië is vyfde op die Mo Ibrahim-indeks van regerings in Afrika en nommer een in die voorsiening van onderwys, mediavryheid en geslagsverteenwoordiging in die parlement in Afrika.
“Ondanks die merkwaardige vordering en sy middelinkomstestatus bly Namibië een van die mees ongelyke lande in die wêreld,” het Gbeho bygevoeg.
“Die forum sal help om die balans tussen beleid en implementering te ondersoek, sodat ongelykheid in die lande wat ons dien, beter aangepak kan word,” het sy gesê.
Die tweedaagse forum, wat ook deur sleutelrolspelers in die finansiële sektor bygewoon is, se hoofdoel is om verslae oor globale en streeksinisiatiewe te ontvang, begrip vir implikasies te bevorder, geleenthede en beperkinge van MIC's te bespreek, ervarings oor innovasies in MIC's bilateraal en tussen lande te deel en om gebiede van moontlike samewerking te identifiseer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie