Namibiu00eb su00ea #MeToo
Namibiu00eb su00ea #MeToo

Namibië sê #MeToo

Die veldtog bied oorlewendes toegang tot psigososiale en regshulp.
Tanja Bause
Tanja Bause - Die #MeToo Namibia-veldtog is gister in Windhoek van stapel gestuur.

Die veldtog beoog om ondersteuning aan oorlewendes van geslags- en seksuele geweld te bied deur toegang tot psigososiale en regshulp.

Hulle bied ook toegang tot inligting oor hoe om die Namibiese polisie te nader om oortredings aan te meld.

#MeToo Namibia is ’n vennootskap tussen Regain Trust, Lifeline/Childline, the Namibian Women Lawyers Association, Nixon Marcus Public Law Firm, Bel Esprit, Slut Shame Walk, UNFPA, die kantoor van die eerste dame, die Namibiese koalisie teen geslagsgeweld, Sister Namibia en die Regshulpsentrum (LAC).

Volgens me. Arlana Shikongo van die Slut Shame Walk, wat ’n maand gelede vir die eerste keer in Namibië plaasgevind het, het talle vroue en mans die afgelope paar dae na vore gekom om hul ervarings met seksuele geweld, seksuele teistering en verkragting te deel.

“Nie net het ons by die ervarings betrokke geraak nie, maar ons het ook groot meegevoel gesien vir hoe moeilik dit is om die waarheid te praat. Aan die een kant het dit duidelik geword baie oortreders is herhaalde oortreders wat by die oorlewendes se stilte baat. Aan die ander kant het ons gesien hoe maklik dit is om dié wat wel praat, te dreig en te intimideer,” het sy gesê.

“Namibië het ’n kultuur van vrees en intimidasie waar vroue byna altyd stemloos is wat hul ervarings met seksuele geweld betref. Dit is dieselfde Namibië waar een uit drie vroue seksueel aangerand word en die saak nie aanmeld nie omdat hulle skaam en bang is hulle word geblameer,” het Shikongo gesê.

“Ons doel is om oorlewendes aan te moedig om te praat en hul ervarings te deel in die wete dat hulle ondersteun en beskerm sal word, terwyl ons daaraan werk om geregtigheid deur die wettige kanale te laat geskied.

“Ons weet dié platform kan misbruik word om wraak te neem, maar ons is vol vertroue sulke valse bewerings sal deur ’n polisieondersoek geïdentifiseer word.”

Volgens me. Alna Dall van #MeToo Namibia word gevra hoekom die veldtog nou eers van stapel gestuur word.

“Ons is in ’n nuwe era van bemagtiging. Sosiale media en toegang daartoe bied oorlewendes veiligheid in getalle. Ons kan mekaar aanmoedig om die skande opsy te sit, die stigma van seksuele geweld te ignoreer en onsself daarteen uit te spreek.

“Vroue het onoorwinbare moed gevind en van hulle is dapper genoeg om hul oortreders te noem. Ons volg in die vroue van oraloor die wêreld se voetspore en sê ‘dis genoeg’,” het Dall gesê.

Volgens dr. Veronika Theron, tegniese direkteur van die kantoor van die eerste dame, het sowat 200 vroue verlede week na vore gekom om hul ervarings van seksuele geweld, seksuele teistering en verkragting te deel. Sowat 40 oortreders is geïdentifiseer.

“Baie van dié gevalle is baie ou sake, maar ons sal elke saak aanhoor en deur die wettige kanale ondersoek. Elke saak sal deeglik ondersoek word,” het sy gesê.

“Valse aantygings is net sowat 1% van die sake wat tot dusver aangemeld is. As iemand vals beskuldig is, is dit sy of haar reg om polisie toe te gaan en ’n saak van laster en naamskending aanhangig te maak. Dit is jou reg om regshulp te kry,” het Theron gesê.

Volgens mr. Salome Kambala, ’n lid van die gemeenskap, het die Kavango-Wes- en Kavango-Oosstreek die meeste gevalle van tienerswangerskappe en het sy ondersoek gaan instel.

“Ek is in die streek gebore en kon dit nie verstaan nie. Ek het agtergekom armoede speel ’n rol, maar manlike oppergesag speel ’n selfs groter rol. Lang afstande wat die meisies skool toe stap, maak hulle kwesbaar vir verkragting, asook kulturele en tradisionele idees dat daar nie oor seks gepraat mag word nie. Ek hoop die veldtog sal ook na ander streke uitgebrei word,” het sy gesê.

“Ons werk met mans en vroue van oraloor die land. Ons het selfs hulp ontvang vir vroulike studente wat in ander lande studeer. Ons werk nou saam met hulle sodat hulle ook hul saak by die polisie kan aanmeld,” het Theron gesê.

Volgens me. Ruth Herunga, van die Namibian Women Lawyers Association, is baie van die sake wat tot dusver aangemeld is baie ou sake.

“Dit maak dit baie moeilik omdat ons op omstandigheidsgetuienis moet staatmaak. Maar, soos ons vir die oorlewendes sê, dit gaan nie oor wen of verloor in die hofsaal nie. Dit gaan daaroor dat ons moet opstaan en begin praat en dat die waarheid uitkom.

“Die boodskap wat ons moet uitstuur, is dat verkragting, seksuele geweld en teistering ’n misdaad is. Ons moet die kultuur van stilbly en geheimhouding begin veroordeel en verander,” het Herunga gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%