Namibiu00eb rol moue op
Namibiu00eb rol moue op

Namibië rol moue op

In Namibië se donkerste uur staan landgenote saam om veral die nood aan suurstof te help verlig.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Terwyl Namibië onder Covid-19 steier, die dodetal skerp styg en die getal aktiewe gevalle eksponensieel toeneem, rol al meer mense mou op en maak hul harte en beursies oop.

Die nood lê in suurstof – vir hospitale, maar ook vir mense wat tuis verpleeg word.

In die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se Covid-19-verslae vir 25 en 26 Junie, is 95 nuwe sterftes aangekondig terwyl 3 435 nuwe gevalle aangemeld is. Dit sluit nie sterftes in wat sedert Vrydag voorgekom het nie.

Teen druktyd het die ministerie nog nie 27 Junie se verslag uitgereik nie.

Die getal aktiewe gevalle in die land het gisteroggend op 19 362 gestaan.

Die gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, merk in Saterdag se verslag op dat al meer mense tuis sterf. Hy doen daarin ‘n beroep op mense om betyds hulp te soek.

Intussen is nuus oor Namibië se verpletterde derde golf die naweek die wêreld ingedra toe ‘n foto van twee aangedane gesondheidswerkers wat mekaar voor ‘n venster in die Paramount-hospitaal in Eros omhels terwyl motorfietsryers as deel van die Warrior-veldtog in die parkeerterrein vir hulle bid, soos ‘n veldbrand in die sosiale media versprei het.

Die foto is deur Christo Gous van Windhoek geneem toe motorfietsryers as deel van die Warrior-veldtog in die parkeerterrein voor die hospitaal vir hulle gebid het.

Dit het sedert Saterdag die gesig geword van Namibië se Covid-stryd en die druk waaronder gesondheidswerkers verkeer.

Aangrypende foto’s en video’s van die motorfietsryers se gebedsbesoeke aan die hospitale in die hoofstad is wyd en syd gedeel.

Die Kamer van Handel en Nywerheid (NCCI) het verlede week bekend gemaak private maatskappye het ’n koalisie gevorm waardeur miljoene Namibiese dollar aangewend word om vragte suurstof in grootmaat uit Suid-Afrika na Namibië in te voer.

Die egpaar, Derick en Sanet Vermeulen van Adonai Trust in Windhoek, werk ook die afgelope twee of wat weke onverpoos om suurstof-konsentreerders en –silinders te reël vir mense wat tuis in nood verkeer. Dié trust het ook met ‘n geldinsamelingsveldtog hiervoor begin.

In ‘n poging om die magdom smeekbedes vir suurstoftoestelle op sosialemediaplatforms na een blad te kanaliseer, het Roan Minnaar van Oranjemund die Facebook-blad “Help mense met Covid-19, suurstofhulp Namibia” geskep.

Hy sê iemand ná aan hom is op 21 Junie dood nadat daar nie vir hom ‘n bed in een van Windhoek se hospitale was nie en hulle gesukkel het om suurstof vir tuisversorging te bekom.

Minnaar sê hy het kort daarna vir Hardap Freight Services se Gert Liebenberg gekontak, wat aangebied het om alle suurstof en medikasie vir Covid-pasiënte gratis vanaf Windhoek na dorpe in die land te vervoer. “Ek het begin huil toe hy sê hy sal dit verniet doen.”

Nadat agt pasiënte Donderdag op Mariental gesterf het omdat suurstofvoorraad nie aangevul kon word nie, het Mariental se streeklandbou-unie (MSLU) onder aanvoering van voorsitter Chris Smith sowat N$24 000 se suurstof aangekoop.

“Die voorsorgmaatreëls wat die staat oor tyd moes tref, is nie gedoen nie. Die gevolge van dié agterlosigheid en die staat se ontduiking van sy verantwoordelikheid verhoog druk op die gemeenskap met betrekking tot sy gesondheidstatus asook die sosio-ëkonomiese en emosionele welsyn van die ganse samelewing,” sê Smith.

Hy het daarna verwys as “‘n gesondheids- en humanitêre katastrofe van die ergste graad” en ‘n beroep op mense in die Hardapstreek gedoen om die MSLU se suurstofveldtog te steun.

Op Okahandja het die boerevereniging en plaaslike ondernemings saamgespan en ‘n tydelike lykshuis in ‘n verkoelde vraghouer ingerig.

Verder is ‘n tydelike “hospitaal” in die parkeerterrein by ‘n dokterspraktyk ingerig en van beddens en suurstof voorsien, terwyl dié boerevereniging onder voorsitterskap van Willem Tromp ook suurstofmasjiene en oksimeters aangekoop het om beskikbaar te stel vir die verpleging van Covid-pasiënte op plase.

Net so het die Grootfontein-, Nurugas- en Veldduin-boereverenigings meer as N$50 000 bestee om suurstofkonsentreerders te bestel om aan dokterspraktyke op Grootfontein beskikbaar te stel. Ongelukkig het die onderneming in Windhoek deur wie dit bestel is, ‘n produk gelewer wat minderwaardig is.

“Ons probeer nou ons geld terugkry,” sê mnr. Johan Enslin, voorsitter van die Grootfontein se streeklandbou-unie (GSLU).

In Windhoek is die Eros-gemeente van die NG kerk in die proses om ‘n koördinering- en beheersentrum op te rig wat as eenstopdiens kan dien waar mense inligting kan kry oor waar hospitaalbeddens beskikbaar is, of hoe om Covid-19-pasiënte in nood te help.

Dié kerk se Otjiwarongo-gemeente onderleiding van ds. Hector Jooste lewer ook bystand aan huishoudings waar mense siek is en koördineer dienslewering.

In Windhoek het die bekende sjef en kospersoonlikheid, Sanet Prinsloo, ingespring en begin om peuselhappies, penne en ander noodsaaklikhede vir verpleegpersoneel en ander gesondheidswerkers by die sewe hospitale in Windhoek af te lewer. Nie lank nie, of Coca-Cola Namibia Bottling Company het aan boord gekom om dié skenkings met koeldrank en water aan te vul.

Sy sê 341 kratte koeldrank en water is verlede week vir Windhoek se gesondheidswerkers geskenk en Coca-Cola gaan dit nou ook na ander hospitale in die land uitbrei.
[email protected]


FOTO
Dié foto het die gesig geword van Namibië wat steier onder Covid-19. Die foto is Saterdag deur Christo Gous by Paramount-hospitaal geneem tydens motorfietsryers se Warrior-veldtog.

Kommentaar

Republikein 2024-05-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.12 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.76 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.27 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 389.07/OZ UP +1.41% | Copper US$ 4.91/lb UP +0.67% | Zinc US$ 2 989.90/T UP 0.21% | Brent Crude Oil US$ 83.16/BBP DOWN -0.0002 | Platinum US$ 1 060.02/OZ UP +1.56% Sport results: Premier League: Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City | Aston Villa 3 vs 3 Liverpool | Manchester United 0 vs 1 Arsenal LaLiga: Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca | Barcelona 2 vs 0 Real Sociedad | Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe SerieA: Fiorentina 2 vs 1 Monza | Lecce 0 vs 2 Udinese | Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 11° | 29° Eenhana: 14° | 31° Oshakati: 14° | 30° Ruacana: 14° | 30° Tsumeb: 14° | 28° Otjiwarongo: 11° | 26° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 25° Gobabis: 14° | 25° Henties Bay: 19° | 34° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SE, Low tide: 03:18, High tide: 09:17, Low Tide: 15:19, High tide: 22:12 Swakopmund: 19° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:15, Low Tide: 15:17, High tide: 22:10 Walvis Bay: 23° | 35° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 03:16, High tide: 09:14, Low Tide: 15:17, High tide: 22:09 Rehoboth: 13° | 26° Mariental: 16° | 28° Keetmanshoop: 19° | 28° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 19° | 31° Oranjemund: 16° | 29° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 15° | 28° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 14° | 27° Maputo: 17° | 28° Windhoek: 12° | 25° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.12 | EUR to NAD 19.87 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.72 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.76 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.56 | USD to EGP 46.78 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1519 | USD to ZAR 18.27 | USD to ZMW 25.05 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78632.56 Down -0.07% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1710.9 Down -2.52% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13501.46 Down -0.29% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25339.77 Down -0.16% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 389.07/OZ UP +1.41% | Copper US$ 4.91/lb UP +0.67% | Zinc US$ 2 989.90/T UP 0.21% | Brent Crude Oil US$ 83.16/BBP DOWN -0.0002 | Platinum US$ 1 060.02/OZ UP +1.56%