Namibië nou ook deel van Trusted Travel-stelsel

Henriette Lamprecht
Die Trusted Travel (TT)-stelsel wat deur die Afrika Unie Kommissie (AUC) in samewerking met die Afrika Sentrums vir Siektebeheer (CDC) in lidlande van die Afrika Unie van stapel gestuur is om onder meer die huidige verifiëringstelsels en -toetse vir Covid-19 te verbeter, is vanaf 15 November ook in Namibië beskikbaar. Die platform sal vanaf dan by onder meer die Walvisbaaise internasionale lughawe, die Inernasionale Lughawe Hosea Kutako en die Katima Mulilo-, Ariamsvlei-, Noordoewer-, Trans-Kalahari- en Oshikango-grensposte beskikbaar wees. Vanaf 1 Desember sal net Covid-19-sertifikate wat deur dié platform verkry of geverifieer is op die Global Haven-stelsels by bogenoemde grensposte aanvaar word.

Kommentaar

Republikein 2025-09-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer