Namibiu00eb nie meer vryste pers in Afrika
Namibiu00eb nie meer vryste pers in Afrika

Namibië nie meer vryste pers in Afrika

Wêreldpersvryheidsdag word vandag internasionaal herdenk.
Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn

Namibië het vanjaar sy posisie as die land met die meeste persvryheid in Afrika afgestaan.

In die persvryheidindeks, wat jaarliks deur die internasionale organisasie Verslaggewers sonder Grense opgestel word, beklee Namibië nou die 23ste posisie wêreldwyd en die tweede posisie in Afrika. Namibië het twee posisies op die indeks afgeskuif.

Ghana het sedert verlede jaar se indeks drie posisies op die ranglys opgeskuif en beklee nou die 23ste posisie op die lys en het die vryste media in Afrika.

Die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Stanley Simataa, het in sy boodskap vir Wêreldpersvryheidsdag, wat vandag internasionaal herdenk word, Namibië se verswakking betreur. Hy sê egter die regering is daartoe verbind om die redes vir die agteruitgang te ontleed en saam met alle belanghebbendes met die nodige regstellende strategieë vorendag te kom om weer die nommer een-posisie in Afrika te beklee.

“Die regering is tot die onafhanklikheid van die media verbind en sal nie hul werksaamhede aan bande lê nie,” het Simataa bygevoeg.

Voorts is die regering daartoe verbind om nou met alle belanghebbendes saam te werk om toegang tot inligting ‘n werklikheid te maak, sê Simataa.

“Sodra die wetlike raamwerk in werking gestel is, sal dit Namibië vestig as een van die lande in die wêreld wat werklik bemagtigde burgers het,” het hy in sy boodskap gesê.

Wêreldpersvryheidsdag word jaarliks op 3 Mei herdenk uit erkenning vir die rol van joernaliste en die media in die opheffing en ontwikkeling van gemeenskappe oor die hele wêreld heen speel.

Simataa sê die regering neem kennis van “die onwrikbaarheid en onbreekbare gees” van joernaliste ondanks die uitdagings wat hulle in die gesig staar.

“Die media gaan voort om as meedoënlose stem vir die stemlose op te tree in die werk wat gedoen word om korrupte praktyke en administratiewe wanpraktyke aan die lig te bring, wat indien dit nie ontbloot is nie, tot nadeel van die groei van die samelewing sou wees,” sê Simataa.

Ten einde hierdie rol te kan vervul, is ‘n gunstige beleid en wetlike omgewing nodig, soos in die Namibiese grondwet gestipuleer word.

“Die Namibiese regering onderskryf ten volle die Windhoek-deklarasie, ‘n raamwerk wat ons koester nie net vir die behoudende beginsels nie, maar ook omdat Windhoek die geboorteplek daarvan was. Sodoende het Namibië ‘n baken van persvryheid geword,” sê Simataa.

Hy het die versekering gegee dat die regering daartoe verbind is om die regte van joernaliste in Namibië en ook buite die land se grense te verdedig en te beskerm.

Hy sê die regering beskou joernaliste as vennote en bondgenote om die land te ontwikkel.

Tog maan hy dat ondanks prestasies in mediavryheid meer steeds gedoen kan word en dat Namibië nie op die louere moet rus nie.

Wêreldpersvryheidsdag sal op 8 Mei in Windhoek herdenk word.

Vanjaar se tema vir die plaaslike herdenking is: Volhoubaarheid van die media in Namibië.

In die uitnodiging en program vir die geleentheid word prof. Herman Wasserman, die direkteur van die sentrum vir rolprent- en mediastudies aan die Universiteit van Kaapstad, aangehaal wat gesê het: “Die finansiële volhoubaarheid en onafhanklikheid van die media is een van die grootste uitdagings wat die media in Afrika in die gesig staar. Globale tendense wat verband hou met die ineenstort van tradisionele joernalistieke sakemodelle word in Afrika vererger deur swak advertensiemarkte en die politieke elite se buitensporige invloed op mediahuise.”

Die Windhoek-deklarasie is ‘n verklaring oor die beginsels van persvryheid wat deur koerantjoernaliste van Afrika saamgestel en op 3 Mei 1991 in Windhoek aanvaar is.

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.48/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.12% | Zinc US$ 2 981.00/T UP 0.1% | Brent Crude Oil US$ 83.80/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 1 058.66/OZ DOWN -0.0028 Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.06 | EUR to NAD 19.8 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.27 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.26 | USD to ZMW 25.25 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 385.48/OZ UP +0.32% | Copper US$ 4.90/lb UP +1.12% | Zinc US$ 2 981.00/T UP 0.1% | Brent Crude Oil US$ 83.80/BBP UP +0.03% | Platinum US$ 1 058.66/OZ DOWN -0.0028