Namibië neem padveiligheidshandves aan
’n Kabinetsbesluit is geneem om Afrika se padveiligheidshandves aan te neem.
Die minister van vervoer het opdrag gekry om dié besluit aan die parlement voor te lê.
Daarná sal ? wetsontwerp opgestel word om die verouderde Wet op Nasionale Padveiligheid nr. 9 van 1972 te vervang.
Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking sal die Afrika-unie se kommissie en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) daarvan in kennis stel.
Volgens mnr. Stanley Simataa, die minister van inligting en kommunikasiestegnologie, verloor Namibië jaarliks meer as 700 lewens aan padongelukke en meer as 3 000 oorlewendes van ongelukke leef met verlammende beserings, wat die nasie geestelik en ekonomies belas.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie