Namibië kry virtuele universiteit
Akademia brei in 2018 na Namibië uit, wanneer 'n virtuele studiesentrum in Windhoek sy deure vir voornemende studente oopgooi.
Die Suid-Afrikaanse universiteit Akademia sprei in 2018 sy vlerke na Namibië en open 'n virtuele studiesentrum in Windhoek. Hierdie privaat hoëronderwysinstelling is reeds ses jaar in bedryf.
Mnr. Paul Vogel, Akademia se operasionele bestuurder, verduidelik versoeke het vanuit Namibië se Afrikaanssprekende geledere gekom om 'n studiesentrum in die land te open.
“Die Namibiese Afrikaanse Privaatskole Organisasie (Napso) het Akademia besoek om die voorstel te bespreek, waarna ons goedkeuring van die Namibiese regering gekry het. Nou het voornemende studente in Namibië die geleentheid om hul kwalifikasies plaaslik teen 'n bekostigbare prys te verwerf, pleks van die groot onkoste van studies in Suid-Afrika aan te gaan,” sê hy.
Dié eerste studiesentrum in Namibië sal op presies dieselfde wyse as sy Suid-Afrikaanse eweknieë funksioneer, met studente wat verpligte nauurse klasse by die interaktiewe studiesentrum bywoon. Die sentrum is met moderne videokonferensietegnologie toegerus en gratis internettoegang is beskikbaar om studente toegang tot die Spens, Akademia se eiesoortige aanlyn ondersteuningstelsel en biblioteek, te gee.
Die Windhoek-sentrum sal by die Erfdeel-kultuursentrum op die hoek van Bismarck- en Blohmstraat geleë wees.
Kwalifikasies
Akademia fokus op toeganklike en bekostigbare moedertaalonderrig wat plaaslik en internasionaal relevant is. Die geakkrediteerde programaanbod en praktiese, beroepsgerigte kwalifikasies bied studente die geleentheid om eersteklas- hoër opleiding en opvoeding te ontvang, om daardeur 'n bydrae in sowel sy gemeenskap as die wêreld te lewer, sê dié virtuele universiteit in 'n verklaring.
Studente kan tans vir B.Com.-grade in ondernemingsbestuur, bestuursrekeningkunde, ekonomie en regte, en finansiële beplanning inskryf. Hoër sertifikate in rekeningkunde en kantooradministrasie word ook aangebied, asook 'n gevorderde diploma in projekbestuur.
Intussen word kwalifikasies op die gebied van regsgeleerdheid, rekeningkunde, verpleegkunde en sosiale wetenskappe ook ontwikkel.
Akademia se onderrigmodel kombineer 'n klaservaring met afstandsonderrig. Alle klasse is regstreeks in verbinding met mekaar, sowel as met een van vier professionele ateljees by Akademia se hoofgebou, waar die dosent gesetel is. Studente sien die klasnotas op een groot skerm, en op 'n tweede skerm word die dosent lewensgroot vertoon.
vra is vry
Kontaksessies duur ongeveer 50 minute, en studente kan aan die klas deelneem deur eenvoudig 'n hand op te steek en 'n vraag te vra. Sagteware bring outomaties so 'n student na die voorgrond van die videovoer in ander klasse, byna asof die vraag in dieselfde lokaal gevra is.
Op soortgelyke wyse kan die studente vrae aan enige student in enige van die klasse rig, en word die bespreking regstreeks oor studiesentrums heen gedeel en ervaar.
Die ateljees vanwaar die dosente klasse aanbied, is met gevorderde tegnologie ingerig. Voor dosente verskyn al die verskillende klasse op groot televisieskerms, waar dosente studente kan identifiseer vir vrae en opdragte. Digitale penne dra wat dosente ook al op die papier voor hulle skryf oor na die skerms in studiesentrums.
Terselfdertyd is klank- en videoingenieurs deurentyd in die beheerkamer besig om klank, video en ander tegnologiese aspekte te monitor en te optimaliseer.
Ná klasse word die opnames geredigeer en binne enkele dae op Akademia se digitale leerruimte, die Spens, vir studente beskikbaar gemaak. Hier kan studente video-opnames van die klasse aflaai, argiefmateriaal bestudeer, of selfs net die klankbaan op hul selfone laai om later weer as 'n potgooi te luister.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie