Namibië kry internasionale poskodes
Goeie nuus vir diegene wat graag aanlyn inkopies doen, is dat 'n internasionale poskode vir elke streek in Namibië binnekort bekend gemaak sal word.
Elvira Hattingh
Namibië kry vir die eerste keer sedert onafhanklikwording sy eie internasionale poskodes, wat vandeesmaand nog deur NamPost aan die publiek bekend gestel sal word.
Nampost se woordvoerder, mnr. Harold Akwenye, het gister aan Republikein gesê internasionale poskodes sal help met die sortering van pos en sal aanlyn inkopies ook vergemaklik.
“Hierdie kodes deel Namibië in politieke streke in. Dit is geregistreer en word internasionaal aanvaar,” het hy gesê.
Akwenye sê NamPost het poskodes aanvanklik aan elke dorp toegeken, maar dít is herroep en kodes is nou volgens politieke streke toegeken.
Dit beteken vyfletterkodes sal voorts gebruik word om aan te dui na watter gebied in die land en na watter poskantoor pos moet gaan, asook van watter tipe posdiens gebruik gemaak moet word.
Die voorgestelde kodes is met Republikein gedeel, maar tot finale goedkeuring daarvoor ontvang is, kan dit nie amptelik bekend gemaak word nie.
Hiervolgens sal elk van die land se 14 streke 'n unieke vyfletter- poskode ontvang.
Die eerste twee letters dui die streek aan, soos byvoorbeeld die Khomas-, Omaheke- of Otjozondjupastreek, terwyl die laaste twee letters moet aandui na watter dorp die pos gestuur moet word.
Akwenye sê NamPost se bewusmakingsveldtog van die kodes sal in die volgende twee weke afskop en behels advertensies in onderskeie plaaslike koerante.
Dit sal die eerste keer ná onafhanklikwording wees wat Namibië sy eie poskodes kry. Voorheen was dit deel van Suid-Afrika se poskodes – iets wat sedertdien afgeskaf is.
Tóé is die kodes tussen 9 000 en 9 299 vir alle pos na Namibië gebruik.
Die nuwe poskodes is ingestel ná die Universele Pos-unie (UPU) besluit het alle lidlande moet internasionale poskodes hê.
Die UPU is in 1874 gestig en is met sy 192 lidlande die primêre forum vir samewerking tussen rolspelers in die possektor.
Die unie se hoofkantoor is in die Switserse hoofstad, Bern.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie