Namibiu00eb, jul het ons asems weggeslaan
Namibiu00eb, jul het ons asems weggeslaan

Namibië, jul het ons asems weggeslaan

Mandy Rittmann
ANNATJIE DE GRAAFF VAN ­BOTSWANA SKRYF:

Liewe Namibiërs, altyd praat mense van jul ongelooflike gasvryheid, maar in een dag het ons beleef wat ons asems weggeslaan het.

Ons voertuig het probleme opgetel en ons GPS wou nie werk nie. By Auas Motors stap ek in vir hulp en die eienaar vra sy drywer om voor ons uit te ry vir 20 kilometer om vir ons die noordelike gebiede te wys. Die man by die parte-afdeling by die bearing-plek stel die GPS in en vra of hy nog iets kan doen?

Nog 'n man by Hyper City los sy Audi en kom klim in ons kar om ­Etienne Engineering se plek te wys en Etienne fix ons motor binne minute met die enigste valve beskikbaar in suidelike Afrika. In al die winkels wonderlike mense wat jou help, enige taal wat jy praat, bedien hul jou, skakel soos taalspesialiste oor van Engels na Afrikaans, Duits, ens.

Dankie Namibië en sy mense, julle toekoms is blink. Groete.

Kommentaar

Republikein 2025-07-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer