Namibië is weer tops in toerisme
Die land het nog 'n toekenning as topreisbestemming ontvang.
Francoise Steynberg - Uit die meer as 8 500 aanlyn lesers van die Britse reistydskrif Wanderlust het 96,47% gestem Namibië is die beste reisbestemming.
Dit is die tweede agtereenvolgende jaar dat Namibië as wenner van die gesogte Wanderlust Reader Travel Awards wegstap.
Die naaswenner is Peru met 96,33% stemme en Laos is derde met 96,25% stemme.
Die ander toptien-lande is Nieu-Seeland (96,19%), Japan (95,63%), Tanzanië (94,84%), Kanada (94,71%) Kenia, (94,59%), Viëtnam (94,49%) en Indië (93.33%).
"Kliëntetevredenheid is een van die beste riglyne vir kwaliteit, veral wanneer dit by reis kom. Dit is hoe die wenners van die Wanderlust Reader Travel Awards grootliks beoordeel word," lui 'n verklaring op Wanderlust se webtuiste.
Vanjaar se toekennings is gebaseer op Wanderlust-lesers se reise vanaf Desember 2018 tot November 2019.
LOFSANGE
"'Vervelig', skree absoluut niemand oor Namibië wat vir die tweede agtereenvolgende jaar weer die topprys in die geskiedenis van hierdie toekennings gewen het nie.
"Wilde, wonderlike, diverse en bewaringsgeoriënteerde Namibië is elke keer 'n waardige wenner," lui die verklaring.
Wanderlust meen ook die topprys is 'n goeie verjaardaggeskenk aan Namibië wat sy 30ste onafhanklikheidsvieringe vanjaar vier.
"Baie van sy toeriste-aantreklikhede is tydloos: die antieke woestyne, die Groot Vyf, die ongetemde Skedelkus tot die gapende Visrivier-canyon."
Maar volgens Wanderlust is daar meer.
"Namibië kry dit grootliks reg om sy natuurlike bates te beskerm. Gemeenskapsgebaseerde bewaring verseker dat spesies floreer en plaaslike gemeenskappe voordeel daaruit trek. Dit is 'n baken van hoop in hierdie moeilike tye"
Wanderlust beskryf Namibië ook as ’n land wat die tweede minste digbevolk in die wêreld is, met slegs drie mense per vierkante kilometer.
"Dit is die perfekte plek om van die geraas van tegnologie en massa mense te ontsnap wat elders oorheers. Kom na Namibië om die teenmiddel - ruimte, vrede en sterre - te vind.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie