Namibië is basis vir Nasa-navorsing
Klimaatinvloed van rook op wolke bestudeer
Die Namibiese kus is vir die komende maand die plek waar die Amerikaanse ruimte-agentskap Nasa navorsing oor klimaatverandering doen.
Die eerste van die span navorsers het reeds verlede Donderdag in die land aangekom en nog wetenskaplikes is op pad. Die projek behoort tot die einde van September te duur, het die woordvoerder van die Amerikaanse ambassade, mnr. Eric Atkins, gesê.
Volgens ’n verklaring deur die Amerikaanse ambassade is Namibië een van drie plekke op aarde waar deurlopend laevlak wolke voorkom. Dit is die enigste plek met ’n standvastige voorraad klein greintjies in die vorm van rook van binnelandse brande wat met wolke meng. Nasa se sending vir die waarneming van dié greintjies bokant wolke en hul interaksie (Oracles) sal die wyse waarop die deeltjies met die wolke in wisselwerking is, bestudeer om te bepaal wat die vermoë hiervan is om die planeet te verwarm of af te koel.
Perfekte, natuurlike laboratorium
“Dit is die perfekte, natuurlike laboratorium om die interaksie tussen greintjies en wolke te bestudeer wat sommige van die grootste onsekerheid in die voorspelling van die klimaat van die toekoms is,” het Jens Redemann, Oracles se hoofnavorser by Nasa se Ames-navorsingsentrum in Moffett Field, Kalifornië, gesê.
Sommige greintjies, soos stof en seesout, het ’n natuurlike oorsprong. Ander, soos roet en rook wat deur brande en nywerhede vrygestel word, is die gevolg van menslike aktiwiteite. Sodra dit die atmosfeer binnedring, kan dit óf ’n verwarmende óf verkoelende effek hê.
“Na raming is menslike aktiwiteite tans vir ongeveer die helfte van dié deeltjies in die atmosfeer verantwoordelik,” het Robert Wood, ’n wolk-wetenskaplike verbonde aan die Washington Universiteit in Seattle en die adjunkhoofnavorser van Oracles, gesê.
“Rookdeeltjies reflekteer sonlig terug die ruimte in en verkoel sodoende die aarde, maar absorbeer ook sonlig wat die teenoorgestelde effek het en die aarde verwarm. Wanneer greintjies wolke teenkom, verander dit die eienskappe van die wolke waarin hulle opgeneem word.”
Invloed op klimaat, visserye
Begrip van watter effek dominant is en onder watter omstandighede, is noodsaaklik vir die verbetering van streek- en globale rekenaarmodelle wat toekomstige klimaatveranderinge moet voorspel.
Veranderings in die eienskappe van die wolklaag wat deur die greintjies veroorsaak word, kan ook ’n invloed op streekvisserye hê deur middel van die hoeveelheid sonlig wat die oseaanoppervlak bereik, wat seestrome en die opwaartse beweging van die oseaan beïnvloed.
Die aanvanklike aparte wolk- en greintjielae aan die Namibiese kus is volgens Nasa relatief stabiel. Indien die wolklae weg van die kus verdik, meng dit geleidelik met daardie laag.
“Die gevolg is ’n reeks toenemende veranderende toestande wat die wetenskaplike span van Oracles sal ondersoek om die verskillende soorte wolkgreintjie-interaksies na te vors.”
Namibiese navorsers werk saam
Oracles se kantoor is op Walvisbaai, waar danksy ’n skenking van die Amerikaanse ambassade in Windhoek studente van Namibiese universiteite saam met die Oracles-span sal werk.
Volgens die verklaring het die projekspan nou ook nuwe bande met kollegas van die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie gesmee. Universiteitspersoneel verleen hulp met logistiek vir die Oracles-span en werk saam in die ontleding van data. Die Gobabeb Navorsing- en Opleidingsentrum in die Namibwoestyn, wat vantevore saam met Nasa gewerk het om die woestyn as ’n analoog vir die oppervlak van ander planete te gebruik, voorsien op die grond afstandbeheerde waarnemings van die atmosfeer.
“Wetenskap is ’n groot samebindende faktor,” het Bernadette Squire Luna, Oracles se projekbestuurder by Ames, gesê. “Ons bou bande met Namibiese wetenskaplikes wat lank na die afloop van hierdie projek sal strek en tot meer wetenskaplike interaksie sal lei. Ons verbind ons lande op voetsoolvlak.”
Opname-vliegtuie in Namibië ontplooi
Nasa se P-3 vliegtuie, wat van die agentskap se Wallops-vlugbasis op Wallops-eiland, Virginia, bestuur word, het afstandbeheerde waarnemingstoerusting aan boord en vlieg deur die wolke en greintjielae tot op ’n hoogte van 20 000 voet om opnames te maak.
Nasa se ER-2-vliegtuie, wat van die agentskap se Armstrong-vlugnavorsingsentrum in Edwards, Kalifornië, gestuur word, sal op ’n hoogte van 65 000 voet met instrumente werk wat waarnemings maak soortgelyk aan dié wat satelliete maak.
Oracles se vlugte sal heersende satellietwaarnemings van greintjies en wolke bevestig en instrumente toets wat in die toekoms aan boord van satelliete gebruik kan word.
Anders as wat met satelliete die geval is wat net een keer op ’n dag ’n verbyvlug kan doen, kan albei soorte vliegtuie heeldag oor die hele gebied monsters neem om die ontwikkeling daarvan te meet. Die gesamentlike data van die twee soorte vliegtuie sal volgens die ambassade ’n omvattende oorsig gee van hoe greintjies regstreeks en nie-regstreeks ’n invloed op wolke se reaksie uitoefen.
Oracles is ’n samewerkings-navorsingsprojek waarby meer as ’n honderd wetenskaplikes van vyf Nasa-sentra, twee nasionale laboratoriums, tien Amerikaanse universiteite en vyf navorsingsinstansies in Afrika betrokke is. Die vlugte in Namibië is die eerste van verskeie veldondersoeke van die sending.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie