Namibiu00eb het nou 22 bevestigde Covid-19-gevalle
Namibiu00eb het nou 22 bevestigde Covid-19-gevalle

Namibië het nou 22 bevestigde Covid-19-gevalle

Henriette Lamprecht
Namibië se jongste bevestigde geval van Covid-19, geval nr. 22, is in 'n kritieke toestand en gekoppel aan 'n ventilator in 'n intensiewesorgeenheid aan die kus.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) dr. Kalumbi Shangula het die 63-jarige man 'n onderliggende mediese toestand.
Die man was deel van 'n Namibiese bemanning wat met 'n vissersboot sout en visprodukte in die Demokratiese Republiek van die Kongo afgelewer en op 5 Mei na Namibië teruggekeer het.
Volgens Shangula word 265 kontakte tans gemonitor en is 3 201 weefselmonsters tot op hede getoets.

Kommentaar

Republikein 2025-10-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer