Namibië groet geliefde Ya Toivo
Die bevrydingstrydheld se roudiens en begrafnis sal wyd uitgesaai word.
‘n Roudiens vir die ontslape bevrydingstrydheld en oudpolitikus, mnr. Andimba Herman Toivo ya Toivo, word vandag van 12:00 af by Onafhanklikheidstadion in Windhoek gehou.
Die hekke sal om 10:00 vir die publiek open.
Ya Toivo sal, soos dit ’n ware held van die bevrydingstryd betaam, môre in die Heldeakker begrawe word.
Die verrigtinge begin om 09:00 en die hekke sal reeds van 06:00 af vir die publiek oop wees.
Vlae in Namibië sal van Woensdag af by alle openbare en private instansies halfstok hang ter nagedagtenis aan Ya Toivo.
Intussen het MultiChoice aangekondig dat hulle ook hulde bring aan Ya Toivo deur regstreekse uitsendings om sy lewe te gedenk dwarsoor Suider-Afrika uit te saai.
Die uitsendings vind met die vergunning van die Namibiese Uitsaaikorporasie (NBC) plaas.
“NBC se regstreekse uitsendings van die roudiens en die begrafnis sal met die IS20-satelliet in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) uitgesaai word en DStv-kykers in staat stel om die herdenking van Namibië se nasionale held mee te maak.”
Die uitsendings sal DStv-intekenaars in Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Angola, Mosambiek, Malawi, Zambië, Zimbabwe en Swaziland in staat stel om die roudiens en teraardebestelling op NBC1 op kanaal 282 op DStv te volg.
Die hoofbestuurder van MultiChoice Namibia, mnr. Roger Gertze, het namens die hele MultiChoice-familie opregte meegevoel met Ya Toivo se familie en die Namibiese nasie betuig.
Die NBC-uitsending, wat met MultiChoice se bystand wyd gesien sal kan word, is volgens Gertze ‘n getuigskrif van hoe samewerking met die NBC vrugte kan afwerp sodat geskiedkundige oomblikke ook met ander lande op die vasteland gedeel kan word.
Mnr. Stanley B. Similo, direkteur-generaal van die NBC, het gesê die nasionale uitsaaier is dankbaar om in ‘n posisie te wees om hierdie geskiedkundige geleentheid, nie net met Namibiërs nie, maar ook met gehore buite die land se grense te deel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie