Namibië gerat vir Ebola

Tweede dodelikste uitbreking

09 August 2019 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – Die Amerikaanse sentrum vir siektebeheer en voorkoming (CDC) se kantoor in Namibië is in noue kontak met die CDC-span in die Demokratiese Republiek die Kongo (DRC) om die land by te staan indien die Ebola-virus sy verskyning in Namibië sou maak.

Namibië het noue handelsbande met die DRC, wat een van die agt lande is wat die Walvisbaaise hawe vir invoere en uitvoere gebruik.

Volgens die Walvisbaai-korridorgroep se logistieke verslag vir 2018 is die DRC ook een van die lande waarvan die hoofmarkte verantwoordelik vir die deurvoer van vrag is.

Van die drie korridors wat Walvisbaai met onder meer lande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) verbind, is die Walvisbaai-Ndola-Lubumbashi-ontwikkelingskorridor die besigste roete.

Die DRC is naas Zambië ook vir 26% van die totale volume vraghouers verantwoordelik wat by Walvisbaai deurgang verkry.

Uitvoere na die DRC behels 52,9% van die totale grootmaatvrag wat via Walvisbaai vervoer word.

Volgens dr. Eric Dziuban, CDC se Namibiese direkteur, ondersteun die sentrum Namibië wat reaksie op uitbrekings en voorbereidings betref.

“Ons ondersteun ook die vloei van inligting van die CDC-span in die DRC om met plaaslike beplanning te help,” het Dzuiban gesê.

Sedert die CDC in 2002 ‘n kantoor in Namibië geopen het, werk hy ook nou saam met die ministerie om die MIV-epidemie in die land te pak.

Die span ondersteun ook die ministerie se vermoë om uitbrekings van onder meer hepatitis E, miltsiekte, hondsdolheid, Kongokoors, listeriose, cholera en die H1N1-griepvirus te monitor.

Die uitbreking van Ebola in die DRK is verlede maand deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) tot ’n wêreldwye noodtoestand verklaar.

Tot dusver is 2 753 gevalle en 1 843 sterftes weens die siekte aangeteken.

Rwanda het verlede week ‘n deel van hul grens met die DRK gesluit uit vrees dat die virus kan versprei.

Dít volg nadat die tweede persoon weens Ebola in die grensstad Goma dood is.

Netwerk24 het vroeër berig die DRK het die sluiting van die grens betreur, en dat dit volgens die WHO nie nodig is nie.

Voorstelle dat geen beperkings op reis of handel geplaas word nie is aanvaar, en mense by grensposte buite die streek sal nie gemonitor word nie.

Dit is die tweede dodelikste Ebola-uitbreking in die geskiedenis.

Die eerste geval is in Goma aangeteken.

‘n Gesondheidsnoodtoestand verteenwoordig die hoogste vlak van kommer deur die WHO en is nog net vier keer vantevore gebruik.

Dit sluit die eerste Ebola-epidemie in wat van 2014 tot 2016 in Wes-Afrika gewoed het, waarin meer as 11 000 mense dood is.

Suid-Afrika se Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD) het volgens sy jongste verslag gesê die risiko vir die siekte in die land bly laag.

Die WHO het Vrydag gesê daar is tans geen bevestigde gevalle van Ebola buite die DRK se grense nie.

Tans is geen reismaatreëls geïmplementeer wat beduidend met internasionale verkeer na en van die DRK inmeng nie.

Reisigers word wel aangeraai om mediese raad in te win voor hulle op reis gaan en om goeie higiëne toe te pas.

Die WHO sê Ebola-bloeding is ernstig, dikwels dodelik en raak mense en aapspesies.

Die virus kom van wilde diere af en versprei dan onder mense deur direkte kontak met bloed en liggaamsvloeistowwe van geïnfekteerde mense, asook met oppervlaktes wat met dié vloeistowwe besmet is.

[email protected]

Soortgelyk

 

Sarah Diouf Beyoncé se Afrika-ontwerper

2 ure gelede | Kuns en vermaak

Kollig voorbladfoto

Swapo swig voor ECN-druk

2 ure gelede | Politiek

Denver Kisting – Sestien uit die 17 van Swapo-lede wat volgens ’n interpretasie van die kieswet – en die Grondwet – verbied word om as...

Man gesels uit hospitaalbed oor Outjo-aanval

2 ure gelede | Misdaad

Elvira Hattingh - “Kyk, as ‘n koeël my nie kan onderkry nie, gaan niks nie. “Ek is positief, maar hartseer dat iemand so iets kon...

Onnie voor oor verkragting

2 ure gelede | Howe

Denver Kisting – ’n 38-jarige onderwyser van Swakopmund het die afgelope week in die landdroshof op die dorp op aanklag van verkragting verskyn. Adj.komm. Edwin...

Zambezi-vroue breek kultuurkettings

2 ure gelede | Plaaslik

Francoise Steynberg - Vroue in die Zambezistreek is besig om in opstand te kom teen skadelike kulturele praktyke.Dit sluit in vroeë en gedwonge huwelike, poligamie,...

Weer 18 Oktober 2019

2 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die Noordooste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm wees met enkele donderbuie in die Hardap-...

Nou aan die gang

2 ure gelede | Kuns en vermaak

Grandpa's Story, 'n kinderteaterproduksie met omgewingsvriendelikheid as tema, is tans by die Nasionale Teater van Namibië (NTN) te sien. Dit beeld die belangrikheid van die...

Rooi tapyt uitgerol vir #LANDoftheBRAVEfilm

2 ure gelede | Kuns en vermaak

Die eg Namibiese rolprent, #LANDoftheBRAVEfilm, se première is op 10 Oktober by die Ster-Kinekor-rolprentteater in The Grove Mall of Namibia in Windhoek gehou.Die rooi tapyt...

Indonesië hou fliekfees

2 ure gelede | Kuns en vermaak

Die Indonesiese ambassade in Namibië het verlede week sy Indonesiese filmfees by die Franco-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) in die hoofstad aangebied. Vyf rolprente is vertoon. In...