Namibië: Geen gevalle tot dusver van 'demoon-dwelm'

06 November 2018 | Polisie
Francoise Steynberg



Die Namibiese polisie het ­bevestig geen gevalle van 'n vreemde dwelmmiddel wat tientalle jongmense en tieners in Pretoria in Suid-Afrika verlede week in die hospitaal laat beland het, kom tot dusver in Namibië voor nie.

Die betrokke dwelmmiddel staan bekend as Herbal Blend, Puff, Blaze en Crazy Coconut, en word in klein pakkies verkoop.

“Geen gevalle van hierdie dwelm het tot dusver in Namibië voorgekom nie,” het 'n woordvoerder van die Namibiese polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, Vrydag aan ­Republikein bevestig.

“Tog is dit nie gewaarborg dat dit nie in Namibië beskikbaar is of wel hier sal land nie. Ouers moet waaksaam en oplettend wees wat hul kinders gebruik,” het sy gesê.

Die polisie waarsku opnuut: “Dwelms kan jou doodsvonnis wees.”

Republikein het verneem Blaze is wel by sekere winkels te koop.

Ondersoek is Vrydag na vyf drank- en tabakwinkels en kafees in Windhoek ingestel waar produkte vir hubbly bubbly-water­pype gekoop kan word, maar dit was nie op die winkelrakke te vinde nie.

'n Verkoopsman by 'n drank­winkel het wel van Blaze geweet.

Dié dwelm kom hoofsaaklik in twee verpakkings voor. Op een word duidelik aangedui die produk is 'n geurmiddel wat nie vir ­menslike gebruik geskik is nie. Dit kom ook voor in verpakking waarop niks geskryf staan nie.

Volgens 'n Suid-Afrikaanse ­polisiebron is sintetiese dagga en onbekende chemikalieë met die geurmiddel gemeng. Dit was glo die chemikalieë wat mense siek gemaak het.

Ambulansdienste in Pretoria moes verlede week talle kinders in Pretoria-Noord en -Wes, asook Pretoria Tuine en Daspoort te hulp snel.

Volgens mediese personeel en video's op sosiale media wissel die simptome wanneer die dwelm gerook word van lomerigheid tot psigose, naarheid en braking, asook stuipe en hiperaktiwiteit.

– Bykomende bron, Netwerk24

Soortgelyk

 

Padgebruik al duurder

44 minute gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Padgebruik al duurder

44 minute gelede | Vervoer

Die Padfondsadministrasie (RFA) het ’n 4,3%-verhoging op padgebruik aangekondig, wat van 1 Mei af geld. Dit beteken tariewe by grensposte verhoog, asook tariewe op voertuie...

Gesondheid: Advertensie vals

1 uur gelede | Gesondheid

Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) sê 'n inligting wat op sosiale media sirkuleer oor opleidingsgeleenthede by die ministerie is vals. Die vals...

'n Seder val in Swapo

11 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer - Huldeblyke stroom sedert vroeg gisteroggend in die sosiale media in nadat dit bekend geword het Namibië se voormalige vise­president (2015 – 2018)...

Duitsland gee ou kruis terug

11 ure gelede | Plaaslik

Ronelle Rademeyer - Een van die belangrikste artefakte uit die glorieryke ontdekkersera van die Portugese seevaarders sal in Augustus deur die Duitse museum vir geskiedenis...

Weer vir 20 Mei 2019

11 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Koue en winderige toestande word in die Suide verwag. Die nodige voor­sorgmaatreëls moet getref word. BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm in...

Namport dank 86 werkers af

11 ure gelede | Plaaslik

Die Namibiese haweowerheid, Namport, het Vrydag aangekondig 86 werkers by die vraghouerterminaal by die Walvisbaaise hawe wat in Augustus aan 'n onwettige staking deelgeneem het,...

Speaker dring aan jeug moet by kiesproses betrek word

11 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Die speaker van die Nasio­nale Vergadering (NV), prof. Peter Katjavivi, sê die jeug moet by die verkiesings­proses betrek word.Die uitvoerende hoof van...

'Sam Nujoma is 'n ikoon'

11 ure gelede | Regering

Stigterspresident Sam Nujoma se 90ste verjaardagvieringe is Saterdag op Etunda in die Omusatistreek gevier en deur verskeie hooggeplaastes bygewoon. President Hage Geingob het Nujoma as...