Namibië gaan SA-invoerkwessie op WTO-agenda plaas
Ronelle Rademeyer - Die Vleisraad is saam met ander belanghebbendes in die vleisbedryf besig met voorbereidings om Namibië se standpunt oor Suid-Afrika se voorgenome nuwe invoerregulasies vir vee op die hoef, by die Wêreldhandelsorganisasie (WTO) op die agenda te plaas.
Die direktoraat van gesondheidsdienste in Suid-Afrika het verlede jaar ’n kennisgewing oor die invoervereistes vir lewende hawe vanuit die BLNS-lande (Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland) in die Suid-Afrikaanse Staatskoerant gepubliseer. Die geraakte lande het tot 8 Januarie vanjaar tyd gehad om voorleggings oor die kwessie by die direktoraat in te dien, wat Namibië gedoen het.
Mnr. Paul Strydom, hoofbestuurder van die Vleisraad, sê buiten ’n erkenning van ontvangs, het Namibië sedertdien nog geen terugvoering van Suid-Afrika gekry nie.
Hy sê die Vleisraad werk nóú saam met die direktoraat veeartsenydienste, (DVS), die Landbouhandelsforum (ATF) en die landbou-unies aan ’n voorlegging sodat Namibië se saak oor dié kwessie op 16 en 17 Maart voor die fitosanitêre (SPS) komitee van die WTO kan dien.
“Ons standpunt is dat die kwessie oor vee-invoere uit Namibië tydens bilaterale onderhandelinge bespreek moet word en dat ‘n oplossing gevind kan word wat vir beide lande aanvaarbaar is,” sê hy.
Hy sê Namibië vra dat sou die nuwe invoerregulasies geïmplementeer word, dit op ’n gedifferensieerde grondslag en oor tyd moet geskied. “Ons hoop dat Suid-Afrika sal instem hiertoe, aangesien die impak van die skielike inwerkingtreding van die regulasies katastrofiese gevolge vir ons vleidbedryf sal hê,” sê Strydom.
Volgens hom wil Namibië met die Suid-Afrikaanse vleisdbedryf onderhandel om ‘n onderskeid te tref tussen vee wat vir slagdoeleindes uitgevoer word, en dié wat vir teling in die buurland gebruik gaan word.
Hy sê Namibië het reeds kontrolemaatreëls geskep om te verseker dat wanneer ‘n vrag speenkalwers of kleinvee uitgevoer word, dit direk na die voerkraal of abattoir gaan waarvoor dit bestem is om te voorkom dat die diere met die nasionale kudde in Suid-Afrika in aanraking kom.
“Die vragmotors word geseël en eers by die bestemming oopgemaak. Dit is waarom ons voel hierdie vee moet oor ‘n ander kam geskeer word as teeldiere wat na Suid-Afrika gaan.”
Me. Willemien Viljoen, ’n navorser by die Handelsregsentrum (Tralac) in Suid-Afrika, het verlede jaar gesê die hersiene invoervereistes waaraan vee uit die BLNS-lande sal moet voldoen as die veeartseny-owerheid sy sin kry, laat weer eens die vraag ontstaan of handelsbeperking nie die eintlike motief is nie.
Viljoen sê in ‘n artikel in ‘n Tralac-nuusbrief Suid-Afrika se vereiste dat bloedtoetse op elke dier gedoen moet word wat uit Namibië ingevoer word, is uiters verdag. “Dit word bevraagteken aangesien Namibië se dieregesondheidstatus internasionaal hoër aangeskryf word as dié van Suid-Afrika.”
Sy wys ook daarop dat die invoervereistes nie van toepassing is op wild wat uit Namibië ingevoer word nie, terwyl wild juis ’n hoër gesondheidsrisiko inhou.
Suid-Afrika, ’n netto-invoerder van vleis, het in 2014 nagenoeg US$16 miljoen se skape en bokke en US$32 miljoen se beeste ingevoer, sê Viljoen. Die oorgrote meerderheid daarvan (97% van die beeste en 96% van die skape en bokke) was uit Namibië afkomstig, ’n duidelike bewys van hoe ’n belangrike uitvoermark Suid-Afrika vir Namibië is, sê sy.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie